“Abraham en Sara,” Maandelikse Vriend-boodskappe, Februarie 2022
“Abraham en Sara”
Maandelikse Vriend-boodskappe, Februarie 2022
Abraham en Sara
Abraham was ʼn profeet. God het ʼn verbond met Abraham en sy vrou, Sara, gesluit.
God het belowe om hulle te seën. Hy het vir hulle gesê dat hulle kinders sou hê. Abraham en Sara het belowe om God te volg.
Abraham en Sara het hulle belofte gehou. Maar hulle het vir ’n lang tydperk geen kinders gehad nie. Hulle het ouer en ouer geword.
Uiteindelik, toe Abraham 100 was en Sara 90 was, het hulle ʼn babaseuntjie gehad. Hulle het hom Isak genoem. Hulle het geweet dat God hulle geseën het.
Ek kan God vertrou. Soms kom seëninge nie dadelik nie. Maar God hou altyd sy beloftes.
© 2022 deur Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Goedkeuring vir vertaling: 6/19. Vertaling van die Monthly Friend Message, February 2022. Afrikaans. 18313 501