“Josef Berei Voor vir Moeilike Tye,” Maandelikse Vriend-boodskappe, Mrt. 2022
“Josef Berei Voor vir Moeilike Tye”
Maandelikse Vriend-boodskappe, Maart 2022
Josef Berei Voor vir Moeilike Tye
Josef was ʼn profeet. Hy het in Egipte gewoon. Een nag het Farao, die koning van Egipte, ʼn vreemde droom gehad. Hy het vir Josef gevra wat die droom beteken.
God het vir Josef gehelp om die droom te verstaan. Vir sewe jaar sou die mense oorvloedig voedsel hê. Dan vir sewe jaar sou hulle nie genoeg hê nie. Josef het vir Farao vertel.
Josef het gesê dat hulle nou voedsel moet stoor. Dan sal hulle gereed wees vir moeilike tye. Farao het Josef in beheer geplaas om voedsel te stoor. Josef het hard gewerk.
Toe die sewe jare van hongersnood gekom het, het die mense genoeg voedsel gehad om te eet. Hulle het selfs genoeg gehad om met ander te deel.
Ek kan nou voorberei. Met God se hulp kan ek deur moeilike tye kom!
© 2022 deur Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Goedkeuring vir vertaling: 6/19. Vertaling van die Monthly Friend Message, March 2022. Afrikaans. 18296 501