“Moses en die Manna,” Maandelikse Vriend-boodskappe, April 2022
“Moses en die Manna”
Maandelikse Vriend-boodskappe, April 2022
Moses en die Manna
Moses was ʼn profeet. Hy het God se volk na die beloofde land gelei. Hulle het vir baie dae gestap.
Die mense was honger. Hulle het geen kos gehad nie. Daarom het God vir hulle kos uit die hemel gestuur. Dit was manna genoem.
Elke oggend het die mense manna bymekaargemaak om te eet. Maar dit sou nie oornag vars bly nie. Hulle moes die volgende dag nog bymekaarmaak.
Die manna herinner ons aan Jesus Christus. God het manna gestuur om die mense te red. Hy het ook vir Jesus na die aarde gestuur om ons te red. Ons het Jesus elke dag nodig, net soos ons elke dag kos nodig het.
Ek sal Jesus volg. Hy sal my krag gee en my help om elke dag sy liefde te voel.
© 2022 by Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Goedkeuring vir vertaling: 6/19. Vertaling van die Monthly Friend Message, April 2022. Afrikaans. 18314 501