2022
Rut en Naómi
Junie 2022


“Rut en Naómi,” Maandelikse Friend [Vriend]-boodskappe, Junie 2022

“Rut en Naómi”

Maandelikse Friend [Vriend]-boodskappe, Junie 2022

Rut en Naómi

Rut trou, saam met Naómi se familie

Illustrasies deur Apryl Stott

Naómi en haar familie het na ʼn nuwe land gekom as gevolg van ʼn hongersnood. Hulle het ʼn jong vrou genaamd Rut ontmoet. Rut het met Naómi se seun getrou.

Rut by haar sterwende man

Toe sterf Rut se man. Rut was baie hartseer.

Naómi

Naómi was ook baie hartseer. Sy het geen familie oorgehad om haar te versorg nie. Sy het besluit om terug te gaan na die land vanwaar sy gekom het.

Naómi en Rut

Naómi het vir Rut gesê om terug te gaan na haar familie toe. Maar Rut was lief vir Naómi. Sy het belowe om saam met Naómi te gaan en vir haar te sorg.

Rut tel graan op

Rut en Naómi was arm. Rut het hard gewerk om kos vir hulle te vind.

Boas en Rut in die land

Een dag het ʼn man genaamd Boas vir Rut gesien toe sy oorskietgraan in een van sy lande optel.

Boas met dienskneg

Boas was goedhartig. Hy het vir sy werkers gesê om ekstra kos vir Rut te los.

Rut, Boas en Naómi met ʼn baba

Later het Rut en Boas getrou. Hulle het ʼn babaseuntjie gehad. Naómi het gehelp om hom te versorg.

familie bedien kos

Ek kan help om ander te versorg. Ek kan goedhartig wees teenoor diegene in nood.

Inkleurbladsy

Ek Kan Ander Versorg

kinders met oupa

Kliek op die prentjie om dit af te laai.

Illustrasie deur Apryl Stott

Hoe kan jy help?