“Elía en die Stil, Klein Stemmetjie,” Maandelikse Vriend-boodskappe, Julie 2022
“Elía en die Stil, Klein Stemmetjie”
Maandelikse Vriend-boodskappe, Julie 2022
Elía en die Stil, Klein Stemmetjie
Elía was ʼn profeet. Hy wou God se stem hoor. Hy het na ʼn berg gegaan om God se stem beter te hoor.
Daar was ʼn sterk wind. Dit was só sterk dat dit rotse gebreek het. Die wind was luid. Maar dit was nie God se stem nie.
Toe was daar ʼn aardbewing. Die aarde het geskud. Daar was ook ʼn vuur. Dit het groot vlamme gehad. Maar die aardbewing en die vuur was nie God se stem nie.
Toe was dit stil. Elía het God se stem gehoor. Dit was stil en klein. Maar dit was duidelik.
Ek kan God se stem hoor deur na die Heilige Gees te luister. Hy praat met my op klein en eenvoudige maniere.
© 2022 by Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Goedkeuring vir vertaling: 6/19. Vertaling van die Monthly Friend Message, July 2022. Afrikaans. 18298 501