2022
Nalatenskap van Aanmoediging—Uittreksels
November 2022


Maandelikse Liahona-boodskap, November 2022

Nalatenskap van Aanmoediging—Uittreksels

Uittreksels

Beeld
papiervliegtuig met vliegtuigskaduwee

Soos my moeder vir my gesê het toe ek gekla het oor hoe moeilik iets is: “O, Hal, natuurlik is dit moeilik. Dit is veronderstel om te wees. Die lewe is ʼn toets.”

Sy kon dit kalm sê, selfs met ʼn glimlag, want sy het twee dinge geweet. Ongeag die stryd, wat die belangrikste sou wees, was om na die huis terug te keer om by haar Hemelse Vader te wees. En sy het geweet sy kon dit doen deur geloof in haar Saligmaker. …

Die nalatenskap van aanmoediging wat sy vir ons nagelaat het, word die beste beskryf in Moroni 7, waar Mormon sy seun Moroni en sy mense aanmoedig. …

Hy stel Jesus Christus eerste, so ook almal wat daarin slaag om aanmoediging te gee aan diegene wat opwaarts sukkel op die pad na hul hemelse tuiste. …

Mormon het sagmoedigheid gesien as bewys van die krag van hulle geloof. …

Mormon moedig hulle dan aan deur te getuig dat hulle op pad is om die gawe van hul harte te ontvang wat vervul is met die suiwer liefde van Christus. …

As ek terugkyk, sien ek nou hoe daardie gawe van naasteliefde—die suiwer liefde van Christus—my moeder versterk, gelei, onderskraag en verander het in die stryd op haar pad huis toe. …

… Die Saligmaker ken julle stryd in detail. Hy ken julle groot potensiaal om te groei in geloof, hoop en naasteliefde.

Die gebooie en verbonde wat Hy julle bied, is nie toetse om julle te beheer nie. Dit is ʼn gawe om julle op te hef om al die gawes van God te ontvang en terug te keer huis toe na julle Hemelse Vader en die Here wat julle liefhet.

Druk