“Die Baie Name van Jesus,” Maandelikse Vriend-boodskappe, Desember 2022
“Die Baie Name van Jesus”
Maandelikse Vriend-boodskappe, Desember 2022
Die Baie Name van Jesus
Baie profete het oor Jesus Christus geleer. Hulle het gesê dat Hy gebore sou word om ons te wys hoe om te lewe. Hulle het baie name gebruik om oor Hom te leer.
Jesus word soms Immanuel in die skrifture genoem. Die naam beteken “God met ons”.
Jesus word ook die Messias genoem. Messias beteken “die gesalfde”. Jesus het vir ons gesterf sodat ons weer met God kan lewe.
Jesus is ons Saligmaker. Hy red ons van ons sondes en die dood.
ʼn Ander naam vir Jesus is die Prins van Vrede. Wanneer ons bang of ontsteld is, kan Hy ons help om vrede deur die Heilige Gees te voel.
Ek is lief vir Jesus Christus. Ek kan van sy lewe en liefde in die skrifture lees.
© 2022 deur Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Goedkeuring vir vertaling: 6/19. Vertaling van die Monthly Friend Message, December 2022. Afrikaans. 18318 501