2023
Jesus Wek Lasarus Op uit die Dood
April 2023


“Jesus Wek Lasarus Op uit die Dood,” Vriend, Apr. 2023, 46–47.

Maandelikse Vriend-boodskappe, April 2023

Jesus Wek Lasarus Op uit die Dood

Beeld
Jesus sit saam met Maria, Martha en Lasarus

Illustrasies deur Apryl Stott

Maria en Martha het ʼn broer met die naam Lasarus gehad. Hulle was Jesus Christus se vriende.

Beeld
Jesus omhels Maria en Martha

Lasarus het baie siek geword. Hy het kort daarna gesterf. Maria en Martha was baie hartseer. Toe Jesus by hulle kom, het Hy saam met hulle geween.

Beeld
Jesus staan in Lasarus se graf

Toe het Jesus saam met hulle na Lasarus se graf gegaan. Hy het gesê: “Lasarus, kom uit.”

Beeld
Jesus help Lasarus om uit die graf te kom

Lasarus het opgestaan en uit die graf geloop. Hy het weer gelewe! As gevolg van Jesus, sal ons almal ook weer lewe!

Inkleurbladsy

Jesus Christus Lewe

Beeld
Inkleurbladsy van ʼn kind wat ʼn prentjie van Jesus vashou

Illustrasie deur Apryl Stott

Hoe onthou jy Jesus in Paastyd?

Druk