2023
Die Leringe van Jesus Christus
Mei 2023


Maandelikse Liahona-boodskap, Mei 2023

Die Leringe van Jesus Christus

Uittreksels

Beeld
agtergrond

Soos die profeet Nefi ons geleer het, moet ons ons “verlustig … in die woorde van Christus; want kyk, die woorde van Christus sal julle alle dinge vertel wat julle moet doen.”1 … My boodskap vandag bestaan uit ʼn seleksie van die woorde van ons Saligmaker—wat Hy gesê het. …

“[Die groot gebod in die wet is dit:] “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

“Dit is die eerste en groot gebod.

“En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

“Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.”2 …

“Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, julle moet altyd waak en bid, sodat julle nie versoek word deur die duiwel nie, en julle gevange weggevoer word deur hom nie.”3 …

“Daarom, wat julle ook al sal doen, sal julle dit in my Naam doen; daarom sal julle die kerk na my Naam noem.”4

“Nou, dit is die gebod: Bekeer, al julle eindes van die aarde, en kom na My en word gedoop in my Naam, sodat julle geheilig mag word deur die ontvangs van die Heilige Gees, sodat julle vlekkeloos mag staan voor My op die laaste dag.”5 …

Ons glo in Christus. Ek sluit af met wat Hy gesê het oor hoe ons sy leringe moet ken en volg:

“Maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.”6

Druk