“Die Eerste Nagmaal,” Vriend, Junie 2023, 46–47.
Maandelikse Vriend-boodskappe, Junie 2023
Skriftuurstories
Die Eerste Nagmaal
Voor Hy gesterf het, het Jesus Christus en sy Apostels bymekaargekom. Hy het vir hulle die nagmaal gegee.
Jesus het brood gebreek en dit vir hulle gegee. Hy het hulle gevra om dit te eet om hulle te help onthou dat Hy sy lewe vir hulle gegee het.
Toe het Jesus vir hulle ʼn beker gegee. Hy het hulle gevra om daaruit te drink. Dit sou hulle ook help om Hom te onthou.
Selfs toe Jesus nie meer by sy Apostels was nie, het die nagmaal hulle gehelp om aan Hom te dink. Hulle kon sy liefde voel en onthou om die gebooie te onderhou.
© 2023 deur Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Vertalingsgoedkeuring: 6/19. Vertaling van Monthly Friend Message, June 2023. Language. 19026 501