“Jesus het vir Ons die Weg Gewys,” Vriend, Augustus 2023, 4–5.
Maandelikse Vriend-boodskappe, Augustus 2023
Jesus het vir Ons die Weg Gewys
Jesus Christus is Hemelse Vader se Seun. Hy het aarde toe gekom om ons te wys hoe ons eendag na Hemelse Vader kan terugkeer. Jesus is gedoop. Hy het geleer dat ons ook gedoop moet word.
Jesus het ons gewys hoe om te lewe. Hy het almal liefgehad en gehelp. Hy wil hê dat ons Hom moet volg.
Jesus het al ons pyn gevoel en vir ons sondes gely. Toe het Hy vir ons gesterf. Dit word die Versoening van Jesus Christus genoem. Hy is opgewek. Dit beteken dat Hy vandag lewe! As gevolg van Jesus Christus sal ons ook weer lewe nadat ons gesterf het.
Jesus het al hierdie dinge vir ons gedoen omdat Hy ons liefhet. As gevolg van Hom kan ons eendag saam met ons Hemelse Vader en ons families leef.
Ons kan Jesus volg deur gedoop te word. Ons kan Hom ook elke dag volg wanneer ons ander liefhet en help en sy gebooie onderhou.
© 2023 deur Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Vertalingsgoedkeuring: 6/19. Vertaling van Monthly Friend Message, August 2023. Language. 19046 501