“Jakob en Nefi het Jesus Gesien,” Vriend, Maart 2024, 26–27.
Maandelikse Vriend-boodskap, Maart 2024
Jakob en Nefi het Jesus Gesien
Jakob was Nefi se jonger broer. Hy is gebore nadat hulle familie Jerusalem verlaat het. Jakob het as kind na die beloofde land gekom.
Jakob en Nefi het albei vir Jesus Christus gesien. Hulle het hul getuienisse met hulle families gedeel om hulle te help om van Jesus te leer.
Hulle het ook die woorde van die profeet Jesaja gedeel. Jesaja het Jesus ook gesien en in die skrifture oor Hom geskryf. Jakob en Nefi het Jesaja se woorde uit die skrifture gebruik om hulle families van Jesus te leer.
Hulle het geleer dat Jesus aarde toe sou kom. Hy sou sterf en weer lewe. Hulle het hul getuienis van Jesus Christus gedeel sodat hulle families sou uitsien na sy koms.
© 2024 deur Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gepubliseer in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Vertalingsgoedkeuring: 6/19. Vertaling van Monthly Friend Message, March 2024. Afrikaans. 19287 501