Vriend
Aäron Leer die Koning
Julie 2024


“Aäron Leer die Koning,” Vriend, Julie 2024, 26–27.

Maandelikse Vriend-boodskap, Julie 2024

Aäron Leer die Koning

Beeld
Aäron wat mense leer; Aäron wat voor die koning staan

Illustrasies deur Andrew Bosley

Aäron was een van Mosia se seuns. Hy was ʼn sendeling. Hy het die koning oor die hele land van die Lamaniete, geleer.

Beeld
Aäron wat met die koning praat

Aäron het die koning gevra of hy in God glo. Die koning het gesê dat hy sal glo as Aäron hom vertel dat God werklik is. Hy het Aäron gevra om hom meer van God te vertel.

Beeld
Aäron wat onderrig met ʼn agtergrond van die hemele

Aäron het die skrifture aan die koning voorgelees. Hy het oor die skepping van die aarde geleer. Hy het oor God se plan geleer. Hy het die koning van Jesus Christus vertel.

Beeld
Die koning van die Lamaniete wat kniel; Aäron wat die mense doop

Die koning het daarna gebid. Hy het God gevra of dit waar is wat Aäron gesê het. Die koning het die antwoord ontvang dat dit waar is!

Die koning het geglo wat Aäron geleer het. Almal in sy huishouding het ook geglo. Hulle is gedoop en het gekies om Jesus Christus te volg.

Inkleurbladsy

Ek Kan Jesus Volg deur Liefde te Toon

Beeld
Inkleurbladsy van kinders en groot harte

Illustrasie deur Adam Koford

Hoe toon jy liefde aan ander?

Druk