Vriend
Die Jong Krygers
Augustus 2024


“Die Jong Krygers,” Vriend, Augustus 2024, 26–27.

Maandelikse Vriend-boodskap, Augustus 2024

Die Jong Krygers

Beeld
Mense wat hulle wapens in ʼn put begrawe

Illustrasies deur Andrew Bosley

Die mense vir wie Ammon en sy broers geleer het, wou Jesus Christus volg. Hulle het hulle wapens begrawe en God belowe dat hulle nooit weer sou veg nie.

Beeld
ʼn Groep jong mans nader ʼn huis waar ouer volwassenes praat

Maar gou moes hulle hul families beskerm. Die vaders wat hulle wapens begrawe het, wou nie hulle belofte met God verbreek nie. Hulle seuns het voorberei om in hul plek te veg. Hulle is die tweeduisend jong krygers genoem.

Beeld
Jong man wat saam met sy ma bid terwyl ander jong mans met wapens bymekaarkom

Die jong krygers het nog nooit voorheen in ʼn oorlog geveg nie. Maar hulle moeders het hulle help voorberei en hulle geleer om God te vertrou.

Beeld
Helaman lei die jong krygers in ʼn mars; ʼn jong man help ʼn ander gewonde jong man om te loop

Hulle het Helaman gekies om hulle leier te wees. Hulle was dapper, en God het hulle gehelp. Almal het seergekry, maar hulle het mekaar gehelp. God het hulle geloof geëer, en hulle het almal geleef!

Inkleurbladsy

Die Skrifture Kan My Elke Dag Help

Beeld
Inkleurbladsy van Boek van Mormon-figure wat uit die bladsye van ʼn oop boek stap

Illustrasie deur Adam Koford

Van watter storie in die skrifture hou jy?

Druk