2022
Leer van Jesus Christus en Kry Toegang tot Sy Krag
September 2022


“Leer van Jesus Christus en Kry Toegang tot Sy Krag,” Vir die Krag van die Jeug, Sept. 2022.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, September 2022

Leer van Jesus Christus en Kry Toegang tot Sy Krag

Uit ʼn April 2017 algemene konferensie praatjie.

Ek wil graag deel hoe ons die krag van ons Heer en Meester, Jesus Christus, in ons lewens kan intrek.

Ons begin deur van Hom te leer.1 “Dit is onmoontlik vir [ons] om in onkunde gered te word” (Leer en Verbonde 131:6). Hoe meer ons die Saligmaker se leer verstaan en wat Hy vir ons gedoen het, hoe meer weet ons dat Hy die krag kan voorsien wat ons in ons lewens nodig het.

As Heiliges van die Laaste Dae, verwys ons na sy sending as die Versoening van Jesus Christus, wat opstanding vir almal ʼn werklikheid gemaak het en ewige lewe moontlik gemaak het vir diegene wat hulle van hul sondes bekeer en noodsaaklike ordinansies en verbonde ontvang en nakom.

Onder die Vader se groot ewige plan, is dit die Saligmaker wat gely het. Dit is die Saligmaker wat die bande van die dood verbreek het. Dit is die Saligmaker wat die prys vir ons sondes en oortredings betaal het en dit uitwis op voorwaarde van ons bekering. Dit is die Saligmaker wat ons verlos van die fisiese en geestelike dood.

Heilige terme soos Versoening en Opstanding beskryf wat die Saligmaker gedoen het volgens die Vader se plan, sodat ons in hierdie lewe met hoop kan leef en die ewige lewe kan verkry in die wêreld wat kom.

Druk