“Moenie Wag Nie! Wees Soos die Herders,” Vir die Krag van die Jeug, Des. 2022. Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Desember 2022 Lukas 2:8–20 Moenie Wag Nie! Wees Soos die Herders Deur Eric B. Murdock; illustrasies deur Darren Rawlings Beeldherders Op ʼn stil nag lank gelede het herders hulle kuddes getrou opgepas. Beeldskape Die herders het ʼn belangrike taak gehad. Die skape het kos, water en beskerming teen gevaar nodig gehad. Beeldengel Skielik het ʼn engel verskyn! “Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ʼn goeie tyding van groot blydskap … dat vir julle vandag … gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.” Beeldengel Die engel het vir die herders gesê dat hulle die baba wat in doeke toegedraai is, in ʼn krip in Betlehem sou vind. Beeldengelekoor ʼn Engelekoor het die lug gevul en by die engel aangesluit om God te loof. “Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ʼn welbehae.” Beeldherders “Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.” Beeldherders wat ʼn ster volg Die herders het nie gewag nie. Dit was té belangrik! Hulle het hulle na Betlehem gehaas. Beeldherders by krip Die herders het Jesus gevind in doeke toegedraai waar Hy in ʼn krip lê, net soos die engel gesê het. Beeldbaba Jesus Dit was die beloofde Messias wat gekom het om die Saligmaker en Verlosser van die wêreld te wees en om ons ware vreugde te bring! Beeldherders Die herders was so opgewonde! Hulle het gedeel wat hulle gehoor en gesien het. “Die Saligmaker van die wêreld is gebore!” “Die Messias het uiteindelik gekom!” Beeldjong man wat skrifture bestudeer Die herders het hulle gehaas na Jesus. Jy kan ook! Jy kan van Hom leer. Beeldjong man wat gras sny Jy kan Hom dien deur ander te dien. Beeldjong dame deel die Boek van Mormon met jong man Jy kan van Hom getuig. © 2022 deur Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Goedkeuring vir vertaling: 6/19. Vertaling van Monthly For the Strength of Youth Message, December 2022. Afrikaans. 18318 501