2023
Het Ons Nodig om Nou Volmaak te Wees?
Februarie 2023


“Het Ons Nodig om Nou Volmaak te Wees?” Vir die Krag van die Jeug, Feb. 2023.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Februarie 2023

Het Ons Nodig om Nou Volmaak te Wees?

Uit ʼn Oktober 2017 algemene konferensie praatjie.

Beeld
jong man wat skrifture lees

Illustrasies deur Emily E. Jones

Die skrifture is geskryf om ons te seën en aan te moedig en sekerlik doen die skrifture dit. Maar het jy opgelet dat daar so nou en dan ʼn gedeelte sal verskyn wat ons daaraan herinner dat ons tog ʼn bietjie te kort skiet? Byvoorbeed: “Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is” (Matthéüs 5:48). Met daardie gebod wil ons terug bed toe gaan en die dekens oor ons kop trek. So ʼn selestiale doelwit lyk buite ons bereik. Tog sou die Here sekerlik nooit vir ons ʼn gebod gee wat Hy geweet het ons nie sou kon nakom nie.

Beeld
jong dame met ʼn sambreel in die reën

“Ja, kom na Christus, en word vervolmaak in Hom,” pleit Moroni. “[As julle] God sal liefhê met al julle mag, verstand en krag, dan … mag julle deur sy genade …volmaak … wees in Christus” (Moroni 10:32; klem bygevoeg). Ons enigste hoop vir ware volmaaktheid is om dit as ʼn geskenk van die hemel te ontvang—ons kan dit nie “verdien” nie.

Beeld
jong dame stap opdraand met hond

Behalwe vir Jesus, was daar geen foutlose handelinge op hierdie aardse reis wat ons volg nie, dus terwyl ons in die sterflikheid is, laat ons streef na bestendige vordering en laat ons buitensporige verwagtinge van onsself en van ander vermy.

Beeld
skip op stormagtige see

As ons volhard, dan sal ons verfyning iewers in die ewigheid voltooid en volkome wees—wat die Nuwe Testament se betekenis van volmaaktheid is.

Druk