2023
Maak Jou Hart Oop vir die Heilige Gees
April 2023


“Maak Jou Hart Oop vir die Heilige Gees,” Vir die Krag van die Jeug, Apr. 2023.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, April 2023

Maak Jou Hart Oop vir die Heilige Gees

Uit ʼn April 2018 algemene konferensie praatjie.

Tydens hierdie Paasseisoen dank ek Hemelse Vader vir die gawe van sy Geliefde Seun, wat vrywillig na die aarde gekom het om ons Verlosser te wees. Ek is dankbaar om te weet dat Hy vir ons sondes versoen het en in die Opstanding herrys het. Ek is elke dag geseënd om te weet dat ek, as gevolg van sy Versoening, eendag opgewek kan word om vir ewig in ʼn liefdevolle familie te leef.

Ek wéét daardie dinge deur die enigste manier waarop enigeen van ons dit kán weet. Die Heilige Gees het tot my verstand en hart gespreek dat dit waar is—nie net een keer nie, maar dikwels.

Ons het die onskatbare belofte van die Heilige Gees as ʼn metgesel. Ons verpligting is om te kies om ons harte oop te maak om voortdurend geestelike leiding en vertroosting deur die Heilige Gees oor ʼn leeftyd te ontvang.

Beeld
blom

Illustrasies deur Emily E. Jones

Die eerste keuse is om nederig te wees voor God.

Beeld
biddende hande

Die tweede is om te bid met geloof in die Here Jesus Christus.

Beeld
kompas

Die derde is om presies te gehoorsaam.

Beeld
hartvorm

En die vierde is om te bid om die behoeftes en harte van ander te weet en hoe om hulle vir die Here te help.

Ek bid met my hele hart dat julle die stem van die Gees sal hoor, wat so mildelik aan julle gestuur word. En ek bid dat julle altyd julle harte sal oopmaak om die Gees te ontvang, dat julle die vreugde kan hê om Hom altyd saam met julle as jul metgesel te hê.

Druk