2023
Getsémané
Junie 2023


“Getsémané,” Vir die Krag van die Jeug, Apr. 2023.

Plekke uit die Skrifture

Getsémané

Kom meer te wete oor die plek waar die Saligmaker se lyding namens ons begin het.

Beeld
olyfboord

Waar Is Dit?

Teen die helling van die Olyfberg, aan die oostekant van Jerusalem (regs in die illustrasie, gemerk deur ’n baie groot boom).

Beeld
kaart van antieke Jerusalem

Jerusalem-kaartillustrasie deur Jim Madsen

Wat Was Daar?

’n Boord olyfbome en waarskynlik ʼn pers om olie uit die olywe te verkry.

Beeld
olyfpers

Wat Het Hier Gebeur?

Ná die Laaste Avondmaal het Jesus Christus saam met elf van sy apostels na Getsémané gegaan. Hy het toe eenkant gegaan om te bid en het Petrus, Jakobus en Johannes saam met Hom geneem.

Hy het “ontsteld en benoud geword.” Hy het gesê: “My siel is diep bedroef tot die dood toe” (Markus 14:33–34).

Hy het gebid: “Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!

“En ʼn engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk.

“En toe Hy in ʼn sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val” (Lukas 22:42–44).

Ná hierdie intense lyding deur die Saligmaker, is Hy deur Judas verraai en deur Joodse beamptes en ’n groep Romeinse soldate gearresteer.

Beeld
Jesus Christus in Getsémané

Getsémané, deur Michael Malm

Notas

  1. Gids tot die Skrifture, “Getsémané.”

  2. Sien D. Todd Christofferson, Okt. 2016, algemene konferensie (Ensign of Liahona, Nov. 2016, 50).

Druk