2023
Sewe Dae van Deel
Julie 2023


“Sewe Dae van Deel,” Vir die Krag van die Jeug, Julie 2023.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Julie 2023

Sewe Dae van Deel

Jy kan die evangelie op normale en natuurlike maniere deel. Sien jy kans vir die uitdaging?

Wanneer ons praat oor die deel van ons getuienisse, dink ons dikwels daaraan om ons getuienisse in nagmaaldienste of ʼn ander formele omgewing te lewer. Maar ons word aangemoedig om “geleenthede te soek om jou geloof op natuurlike en normale maniere na vore te bring.”1

In die sewe dae lange uitdaging hieronder kan jy jou getuienis elke dag vir ʼn week op ʼn ander manier deel. Jy kan hierdie dinge in enige volgorde doen, of jy kan selfs met jou eie idees vorendag kom! Sien jy kans vir die uitdaging?

Beeld
byeenkomplek

Illustrasies deur Emily Davis

Dag 1: Kerk

Oorweeg dit om jou getuienis in ʼn vas- en getuienisvergadering in die kerk te lewer as dit iets is waarmee jy gemaklik is. Indien nie, kan jy ook jou getuienis in die kerk deel deur aan jou klasse op Sondag en in Seminarie deel te neem. Die kommentaar wat jy daar deel, kan ander ophef en hul getuienisse sowel as joune versterk.

Beeld
vriende

Dag 2: Vriende

Wat het jy Sondag by die kerk geleer? Het jy van iets gehou wat iemand in ʼn nagmaaldienspraatjie of in jou klasbespreking gedeel het? Miskien was die openingsgesang een van jou gunsteling gesange. Vertel ʼn vriend daarvan! Vra dan ook uit oor hul naweek.

Beeld
foon met sosiale media

Dag 3: Sosiale Media

Sosiale media is ʼn wonderlike plek om geestelike dinge normaal en natuurlik te deel. Vir hierdie dag van die uitdaging, oorweeg dit om ʼn boodskap te deel oor:

  • Een van jou gunsteling skriftuurverse.

  • ʼn Opbouende aanhaling uit algemene konferensie.

  • ʼn Geestelike gedagte of ervaring.

  • Iets wat jy van die Saligmaker liefhet of waardeer.

  • ʼn Manier waarop Hy jou onlangs gehelp het of ʼn eienskap wat jy in Hom bewonder en hoekom.

Beeld
foon met video en teks

Dag 4: Teks of Video

Stuur ʼn opbouende boodskap aan ʼn vriend via teks of video. Jy kan ʼn konferensiepraatjie deel waarvan jy dink hulle dalk sal hou, vir hulle iets vertel wat jy van hulle waardeer, of deel oor jou geloof in Jesus Christus. Hulle moet dalk byvoorbeeld weet van Hemelse Vader se liefde vir hulle. Jy kan hulle ook altyd persoonlik vertel!

Beeld
jongdame met ʼn hartvormige ballon

Dag 5: Diens

Jy wonder dalk hoe om ander te dien ʼn manier kan wees om jou getuienis te deel. Die Apostel Paulus het vir Timótheüs gesê: “Wees ʼn voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid” (1 Timótheüs 4:12). Jy kan dus jou oortuigings wys deur jou voorbeeld deur ander te dien soos die Saligmaker hulle sou dien.

Beeld
kunsimplemente

Dag 6: Kuns

Mense gebruik soms kuns as ʼn ander manier om hul gedagtes en gevoelens te deel. Jy kan skilderye, beeldhouwerke, poësie, musiek of enige ander soort kuns gebruik om te deel hoe jy oor Jesus Christus en sy evangelie voel.

Beeld
jeug wat praat

Dag 7: Informele Gesprekke

Moenie bang wees om jou oortuigings in informele situasies te noem nie, net soos jy enige ander gedagtes oor ʼn gegewe onderwerp sou deel.

Jy kan, natuurlik, praat oor Kerk-aktiwiteite of ʼn skriftuur wat jy onlangs gelees het, maar dit kan ook selfs nog meer informeel wees. Byvoorbeeld:

  • As jy deur die natuur geïnspireer voel, spreek jou waardering vir God se skeppings aan iemand anders uit.

  • Dalk het jy onlangs ʼn interessante geestelike ervaring gehad. Vertel ʼn vriend daarvan as dit nie té persoonlik is nie.

  • Vind evangeliese ooreenkomste in ʼn boek of fliek waarvan jy hou, en deel jou insigte.

Normaal en Natuurlik

Soos jy verskillende maniere vind om jou oortuigings te deel, sal dit vir jou meer en meer natuurlik word om dit te doen. Dit kan aanvanklik ongemaklik voel, maar dit is goed so! Onthou, jou getuienis op sigself is reeds natuurlik vir jou—dit is deel van wie jy is. Om dit te deel, kan ook natuurlik word. Al wat nodig is, is om dit elke dag ʼn bietjie meer uit te druk.

Hoe sal jy jou getuienis vandag deel?

Nota

  1. Dieter F. Uchtdorf, “Apr. 2019 general conference” (Ensign of Liahona, Mei 2019, 17).

Druk