2023
Laaste Woord: Soek Begrip
Augustus 2023


“Soek Begrip,” Vir die Krag van die Jeug, Aug. 2023.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Augustus 2023

Soek Begrip

Aangepas uit ʼn April 2019 algemene konferensie-praatjie.

Beeld
vrou met olielamp

Illustrasies deur Emily Jones

Ons doel wanneer ons ʼn begrip van die evangelie van Jesus Christus soek, moet wees om geloof in God en in sy goddelike plan van geluk en in Jesus Christus en sy soenoffer te verhoog en om blywende bekering te bewerkstellig. Sulke toenemende geloof en bekering sal ons help om verbonde met God te sluit en te onderhou, en sodoende ons begeerte om Jesus te volg en ʼn ware geestelike transformasie in ons te bewerkstellig, versterk. Hierdie transformasie sal ons ʼn meer gelukkige, produktiewe en gesonde lewe bring en ons help om ʼn ewige perspektief te handhaaf.

Beeld
jong man wat skrifture lees

Om dit te bereik, moet ons by Jesus Christus inwoon deur onsself in die skrifture te verdiep, ons daarin te verheug, sy leerstellings te leer en daarna te streef om te leef soos Hy geleef het. Eers dan sal ons Hom leer ken en sy stem herken, wetende dat wanneer ons na Hom toe kom en in Hom glo, ons nooit sal honger of dors nie (sien Johannes 6:35).

Beeld
jong man wat bid

Dit gebeur nie toevallig nie. Om onsself in ooreenstemming te bring met die hoogste invloede van goddelikheid is nie ʼn eenvoudige saak nie; dit vereis om God aan te roep en te leer hoe om die evangelie van Jesus Christus na die middelpunt van ons lewens te bring.

Beeld
jong dame wat haar hart aanraak

Ek getuig aan julle dat wanneer ons ywerig, van harte, ferm en opreg probeer om die evangelie van Jesus Christus te verstaan en dit met ʼn ware doel en onder die invloed van die Gees aan mekaar onderrig, hierdie leringe harte kan verander en ʼn begeerte kan inspireer om volgens die waarhede van God te leef.

Druk