2023
Nou Is Christus Opgewek
September 2023


“Nou Is Christus Opgewek,” Vir die Krag van die Jeug, Sept. 2023.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, September 2023

Nou Is Christus Opgewek

Leer wat die Apostel Paulus oor Jesus Christus se Opstanding onderrig het.

Beeld
herrese Jesus Christus

The Resurrected Christ [Die Herrese Christus], deur Wilson J. Ong

nou, Christus is opgewek uit die dode

Jesus Christus het aan die kruis gesterf, is in ʼn graf neergelê en het op die derde dag uit die dood opgestaan.

eersteling … van die wat ontslaap het

Die Griekse woord wat hier gebruik word vir eersteling beteken die vroegste oes van die jaar. Dit is die eerste wat geoes word—die eerste van meer wat nog kom.

Die frase die wat ontslaap het beteken “diegene wat gesterf het.”

Jesus Christus was die eerste wat opgewek is, en ná sy Opstanding, sal alle mense opgewek word.

die dood [is] deur ʼn mens gebring

Daar word van Adam gepraat. Sy val het beteken dat alle mense wat na die wêreld sou kom, sou sterf. (Sien Moses 4.)

in Christus sal almal lewend gemaak word

As gevolg van Jesus Christus se Opstanding, sal alle mense opgewek word. Dit beteken dat almal wat al gelewe het of nog sal lewe, opgewek sal word. Ons geeste sal met ons liggame herenig word en ons liggame sal vervolmaak en onsterflik wees. (Sien Alma 11:43–45.)

Druk