2023
Neem die Gees as Jou Gids
Oktober 2023


“Neem die Gees as Jou Gids,” Vir die Krag van die Jeug, Okt. 2023.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Oktober 2023

Neem die Gees as Jou Gids

Uit ʼn April 2017 algemene konferensie-praatjie.

Ons Vader in die Hemel het geweet dat ons in die sterflikheid uitdagings, verdrukking en onrus in die gesig sou staar; Hy het geweet ons sou worstel met vrae, teleurstellings, versoekings en swakhede. Om ons sterflike krag en goddelike leiding te gee, het Hy die Heilige Gees voorsien.

Deur goddelike toewysing inspireer, getuig, leer en spoor die Gees ons aan om in die lig van die Here te wandel. Ons het die heilige verantwoordelikheid om te leer om sy invloed in ons lewens te herken en daarop te reageer.

Hoe doen ons dit?

Eerstens streef ons daarna om waardig van die Gees te lewe.

Tweedens moet ons gewillig wees om die Gees te ontvang.

Derdens moet ons die Gees herken wanneer dit kom.

Vierdens moet ons reageer op die eerste influistering.

Mag ons die Here se beroep om “blymoedig [te wees], want Ek sal julle voortlei” ernstig opneem (Leer en Verbonde 78:18). Hy lei ons deur die Heilige Gees. Mag ons na aan die Gees leef en vinnig optree op ons eerste influisteringe, wetende dat dit van God af kom. Ek getuig van die krag van die Heilige Gees om ons te lei, oor ons te waak en altyd by ons te wees.

Druk