2023
Die Dode Sal voor God Staan
Desember 2023


“Die Dode Sal voor God Staan,” Vir die Krag van die Jeug, Des. 2023.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Desember 2023

Die Dode Sal voor God Staan

In sy openbaring het Johannes die Laaste Oordeel gesien.

Beeld
Jesus Christus

He Comes Again to Rule and Reign [Hy Kom Weer om te Heers en te Regeer], Deur Mary Sauer

die dode, klein en groot, staan voor God

Die krag van Jesus Christus se Opstanding bring alle mense na God se teenwoordigheid om geoordeel te word (sien Alma 11:42–44; 33:22; 40:21; Helaman 14:15–17; Mormon 9:13–14).

die boeke is geopen

Hierdie boeke verteenwoordig verslae wat op aarde gehou word van wát mense op aarde gedoen het om die verbondspad te volg (sien Leer en Verbonde 128:7).

die boek van die lewe

“Op ʼn manier is die Boek van die Lewe die totaal van ʼn persoon se gedagtes en dade—die verslag van sy lewe. Die skrifture dui egter ook aan dat ʼn hemelse verslag van die gelowiges gehou word, insluitend hul name en verslae van hul regverdige dade” (Gids tot die Skrifture, “Boek van die Lewe,” scriptures.ChurchofJesusChrist.org).

geoordeel

Die Laaste Oordeel kom nadat mense opgewek is. Jesus Christus sal elke persoon se Regter wees. Hierdie oordeel sal die ewige heerlikheid bepaal wat elke persoon sal ontvang. (Sien Gids tot die Skrifture, “Oordeel, Die Laaste,” scriptures.ChurchofJesusChrist.org; Alma 41:3–5; Leer en Verbonde 88:26–32.)

volgens hulle werke

Elke persoon sal geoordeel word volgens wat hulle gedoen en wat hulle begeer het (sien Leer en Verbonde 137:9). Hulle sal geoordeel word volgens hul gehoorsaamheid aan God se gebooie en of hulle opgetree het in harmonie met watter lig en waarheid hul ook al in hierdie lewe ontvang het.

Druk