“Jesaja Leer oor Jesus Christus,“ Maandelikse Vriend-boodskappe, September 2022
“Jesaja Leer oor Jesus Christus”
Maandelikse Vriend-boodskappe, September 2022
Jesaja Leer oor Jesus Christus
Jesaja was ʼn profeet. Hy het gelewe voordat Jesus Christus gebore is. Maar hy het geweet dat Jesus sou kom.
Jesaja het gesê Jesus sou as die Seun van God gebore word. Jesus sou ander help en genees.
Jesaja het ook gesê dat Jesus aarde toe sou kom. Hy sou die Prins van Vrede genoem word. Hy sou sy lewe vir ons gee omdat Hy so lief vir ons is.
Die dinge wat Jesaja geleer het, het gebeur. Baie jare later het Jesus na die aarde gekom. Hy het ons die weg gewys. Hy het gesterf en weer gelewe. Hy lewe vandag!
Ek kan leer oor Jesus Christus. Wanneer ek onthou wat Hy vir my gedoen het, kan ek vrede en hoop voel!
Inkleurbladsy
Ek Kan Leer oor Jesus Christus
Kliek op die prentjie om dit af te laai.
Illustrasie deur Apryl Stott
Wat is jou gunsteling storie oor Jesus Christus?
© 2022 deur Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Goedkeuring vir vertaling: 6/19. Vertaling van die Monthly Friend Message, September 2022. Afrikaans. 18299 501