Video’s en Beelde
Evangelie Kuns Boek


Hoe Om Die Boek Te Gebruik

Die kuns in hierdie boek is in ses afdelings georganiseer: Ou Testament, Nuwe Testament, Die Boek van Mormon, Kerk Geskiedenis, Evangelie in Aksie, en Profete van die Laaste Dae. Hierdie prente kan gebruik word vir lesse tuis of by die Kerk. Die onderstaande lys gee ‘n beskrywende titel vir elke prent asook verwysings van geskrifte of ander bronne wat gebruik kan word om meer te leer of te bespreek i.v.m. die prente. Deur hierdie bykomende geskrifte en bronne te bestudeer sal elkeen ‘n dieper insig in hierdie gebeure en evangeliese prinsiepe, wat hier voorgestel word, ontwikkel. Oorweeg die volgende idees, vir die gebruik van die prente en verwysings:

  • Moedig individuë aan om die geskrifte, of ander bronne , op te soek wat saam met ‘n spesifieke prent gaan. Vra hulle om dit te lees, of op te som gedurende die bespreking van die prent.

  • Vra familie lede of lede van die klas om te beskryf wat hulle in die prent sien of hoe die prent hulle laat voel. Watter evangeliese prinsiep word in hierdie prent uitgebeeld? Hoe kan ons dit in ons daaglikse lewens toepas?

  • Nooi individuë uit om op hulle eie deur die prente te kyk. Hulle mag dalk twee prente kies om te vergelyk of te sien wat die teenoorgestelde is. Hulle opmerkings en vrae, oor wat hulle sien, kan lei tot ‘n gesprek oor sekere geskrifte en evangeliese prinsiepe.

Druk