2021
ʼn Besoek van Johannes die Doper
Februarie 2021


“ʼn Besoek van Johannes die Doper,” Vriend, Februarie 2021

Maandelikse Vriend-boodskap, Februarie 2021

ʼn Besoek van Johannes die Doper

Beeld
Joseph Smith en Oliver Cowdery in gebed

Illustrasies deur Apryl Stott

Joseph Smith en Oliver Cowdery het een dag ʼn vraag gehad. Wat was die regte manier om gedoop te word? Hulle het gebid om te weet wat die antwoord is.

Beeld
Johannes die Doper

ʼn Engel het gekom. Dit was Johannes die Doper. Hy het Jesus gedoop. Hy het aan hulle gesê dat hulle die priesterskap nodig het om mense te doop.

Beeld
Johannes die Doper gee aan Joseph Smith die Aäroniese Priesterskap

Johannes het Joseph en Oliver geseën. Hy het aan hulle die priesterskap gegee. Hulle kon nou mense doop op die manier wat Jesus gedoop is.

Beeld
Oliver Cowdery doop vir Joseph Smith

Joseph het Oliver in die rivier gedoop. Oliver het toe vir Joseph gedoop. Baie ander mense is later ook gedoop.

Beeld
vader wat dogter doop

Omdat Hemelse Vader Joseph Smith se gebed beantwoord het, is die priesterskap terug op die aarde! Ek kan soos Jesus gedoop word.

Inkleurbladsy

Ons Kan Gedoop Word

Beeld
A pencil drawing of Joseph baptizing Oliver Cowdery.

Wat kan jy doen om Jesus Christus te volg?

Druk