2021
Die Kirtland-tempel
September 2021


“Die Kirtland-tempel,” Vriend, Sept. 2021.

Maandelikse Vriend-boodskap, September 2021

Die Kirtland-tempel

Beeld
Joseph Smith sien die Kirtland-tempel in ʼn visioen

God het vir Joseph Smith gesê om ʼn tempel te bou. ʼn Openbaring het getoon hoe dit sou lyk. Dit sou ʼn huis van God wees.

Beeld
bou van die Kirtland-tempel

Die Heiliges het saamgewerk om die tempel te help bou. Mans het hoë mure gebou. Vroue het gordyne en matte gemaak. Kinders het gehelp om die gereedskap en water na die werkers te bring.

Beeld
mense wat sing

Toe die tempel klaar was, het die Heiliges binnegegaan. Hulle het ʼn gesang gesing en uitgeroep: “Hosanna!” Joseph het ʼn gebed gedoen om die tempel toe te wy (te seën).

Beeld
Jesus Christus besoek die Kirtland-tempel

ʼn Week later het Jesus Christus vir Joseph Smith en Oliver Cowdery in die tempel besoek. Jesus het gesê dat Hy die tempel as sy huis aanvaar.

Beeld
kinders op die tempelterrein

Daar is vandag tempels regoor die wêreld! Elke tempel is ʼn heilige plek. Eendag sal ek binnegaan en beloftes maak met God.

Inkleurbladsy

Die Tempel Is ʼn Heilige Plek

Beeld
een kind deel ʼn kopie van die Vriend met ʼn ander

Kliek op die prentjie om dit af te laai.

Illustrasie deur Apryl Stott

Waarom is die tempel spesiaal?

Druk