2023
Jesus Christus Maak die Storm Stil
Maart 2023


“Jesus Christus Maak die Storm Stil,” Vriend, Mrt. 2023, 46–47.

Maandelikse Vriend-boodskappe, Maart 2023

Jesus Christus Maak die Storm Stil

Beeld
Jesus Christus slaap op ʼn boot terwyl sy dissipels na die see kyk

Illustrasies deur Apryl Stott

Een nag het Jesus Christus en sy dissipels die see in ʼn boot oorgesteek. Jesus was moeg en het aan die slaap geraak.

Beeld
ʼn Storm wat die boot met Jesus en sy dissipels laat kantel

ʼn Storm het opgekom. Die golwe het groter en groter geword! Die dissipels was bang. Hulle het Jesus wakker gemaak en Hom gevra om hulle te red.

Beeld
Jesus maak die storm stil

Jesus het opgestaan en gesê: “Swyg, wees stil.” Die wind het gestop. Die water was kalm.

Beeld
Klein seuntjie vou sy arms met sy oë toe

My geloof in Jesus Christus kan vir my vrede bring. Wanneer ek bang is, kan Jesus my help om kalm te voel.

Inkleurbladsy

Ek hou daarvan om van Jesus te leer

Beeld
inkleurbladsy van jong meisie wat na ʼn boek oor Jesus kyk

Illustrasie deur Patricia Geis

Wat weet jy van Jesus?

Druk