“Jesus Christus Maak die Storm Stil,” Vriend, Mrt. 2023, 46–47.
Maandelikse Vriend-boodskappe, Maart 2023
Jesus Christus Maak die Storm Stil
Een nag het Jesus Christus en sy dissipels die see in ʼn boot oorgesteek. Jesus was moeg en het aan die slaap geraak.
ʼn Storm het opgekom. Die golwe het groter en groter geword! Die dissipels was bang. Hulle het Jesus wakker gemaak en Hom gevra om hulle te red.
Jesus het opgestaan en gesê: “Swyg, wees stil.” Die wind het gestop. Die water was kalm.
My geloof in Jesus Christus kan vir my vrede bring. Wanneer ek bang is, kan Jesus my help om kalm te voel.
© 2023 deur Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Goedkeuring vir vertaling: 6/19. Vertaling van die Monthly Friend Message, March 2023. Language. 18905 501