Vriend
God Bevry Alma en Amulek
Junie 2024


“God Bevry Alma en Amulek,” Vriend, Junie 2024, 26–27.

Maandelikse Vriend-boodskap, Junie 2024

God Bevry Alma en Amulek

Beeld
Alma en Amulek wat preek

Illustrasies deur Andrew Bosley

Alma en Amulek het na ʼn stad genaamd Ammoniha gegaan. Hulle het mense omtrent Jesus Christus onderrig. Maar die mense was kwaad oor wat hulle onderrig het. Hulle het Alma en Amulek in die gevangenis gesit.

Beeld
Alma en Amulek in die gevangenis vasgebind

Die mense het Alma en Amulek seergemaak. Hulle was vir baie dae in die gevangenis.

Beeld
Die gevangenis se mure wat rondom Alma en Amulek val

Alma en Amulek het gebid en vir krag gevra. Hulle het geloof in God gehad. Hy het hulle krag gegee om die toue aan hul polse te breek.

Beeld
Alma en Amulek staan in die puin sonder enige toue wat hulle vasbind

Toe het die aarde geskud. Die mure van die gevangenis het omgeval! God het gehelp om Alma en Amulek te bevry. Hulle het Ammoniha verlaat om ander mense van Jesus Christus te onderrig.

Inkleurbladsy

Ek Weet Jesus Is Lief Vir My

Beeld
Twee kinders omring deur die natuur, skrifture en ʼn tempel

Illustrasie deur Adam Koford

Water dinge herinner jou aan Jesus Christus se liefde?

Druk