Vriend
Jesus het Een vir Een Geseën
Oktober 2024


“Jesus het Een vir Een Geseën,” Vriend, Oktober 2024, 26–27.

Maandelikse Vriend-boodskap, Oktober 2024

Jesus het Een vir Een Geseën

Beeld
Profete wat die Nefiete leer

Illustrasies deur Andrew Bosley

Profete het die Nefiete geleer oor die tekens van Jesus Christus se dood. Toe Hy sterf, was daar duisternis in die land vir ʼn tydperk van drie dae. Die mense het later die stem van Hemelse Vader gehoor wat vanuit die hemel praat.

Beeld
Jesus Christus besoek die Nefiete

Hemelse Vader het gesê: “Kyk, my geliefde Seun” (3 Nefi 11:7). Jesus het aan die Nefiete verskyn. Hy is opgewek! Hy het die Nefiete baie dinge geleer. Hy het vir hulle gesê om te bekeer en Hom te volg.

Beeld
Jesus genees die siekes

Hy het die mense gevra om diegene wat siek is na Hom te bring om genees te word. Hy het hulle geseën.

Beeld
Jesus seën die kinders

Hy het ook ál die kinders een vir een geseën. Engele het die kinders omring.

Inkleurbladsy

Die Saligmaker is Lief vir Elkeen van Hemelse Vader se Kinders

Beeld
Inkleurbladsy

Illustrasie deur Adam Koford

Hoe voel julle die Saligmaker se liefde?

Druk