“Die Eerste Visioen,” Vriend, Januarie 2025, 26–28.
Maandelikse Vriend-boodskap, Januarie 2025
Die Eerste Visioen
Julle kan hierdie storie in Joseph Smith—Geskiedenis 1:1–20 lees.
Toe Joseph Smith jonk was, het baie kerke verskillende dinge oor Jesus Christus geleer. Joseph het nie geweet by watter kerk om aan te sluit nie.
Een dag het hy Jakobus 1:5 in die Bybel gelees. Dit het gesê as ons wysheid nodig het, kan ons dit van God vra. Joseph het besluit om dit te doen.
Op ʼn pragtige lentedag het Joseph in die woud gegaan om tot Hemelse Vader te bid.
Joseph het gekniel en begin bid. Maar toe het hy duisternis rondom hom gevoel. Joseph was bevrees. Hy het God om hulp gevra.
Skielik het Joseph ʼn helder lig uit die hemel sien neerdaal. Hy het Hemelse Vader en Jesus Christus in die lug sien staan. Hemelse Vader het Joseph se naam genoem. Hy het toe na Jesus Christus gewys en gesê: “Dit is my Geliefde Seun. Hoor Hom!”
Jesus het aan Joseph gesê dat hy nie by enige van die kerke moet aansluit nie.
Joseph sou help om die volheid van die evangelie op die aarde te herstel.
Joseph was nie meer verward nie. Hy was met vreugde gevul! Hy het geweet dat God hom liefhet. Sommige mense het nie geglo dat hy Hemelse Vader en Jesus Christus gesien het nie, maar hy het geweet dit is waar.
© 2025 by Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Vertalingsgoedkeuring: 6/19. Vertaling van Monthly Friend Message, January 2025. Afrikaans. 19632 501