2021
Bou Jouself die Beste
September 2021


“Bou Jouself die Beste ,” Vir die Krag van die Jeug, Sept. 2021, 6–7.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, September 2021.

Bou Jouself die Beste

Vyf maniere om ʼn gelukkige en vreugdevolle lewe te bou.

Leer en Verbonde 95:13–14

Beeld
jong dame X-straal, tempel bloudruk

Illustrasies deur Juliet Percival

Toe die Here Joseph Smith beveel het om die Kirtland-tempel te bou, het Hy hom nie alleen gelaat om uit te vind hoe om dit te doen nie. Hy het ʼn plan geopenbaar wat tot sukses sou lei.

“Laat die huis gebou word, nie volgens die wyse van die wêreld nie,” het die Here verklaar. “Laat dit gebou word volgens die wyse wat Ek sal toon” (Leer en Verbonde 95:13–14). Die Here het toe instruksies gegee hoe om die tempel te bou (sien Leer en Verbonde 95:15–17).

Gelukkig het die Here ons meer gewys as om net tempels te bou. Hy het ons ook instruksies gegee om ons te help om die beste persoon te word. As ons dit volg, sal ons ons lewens bou “nie volgens die wyse van die wêreld nie”, maar volgens die wyse wat die Here beplan het.

Hier is vyf maniere om ʼn gelukkige en vreugdevolle lewe wat gerig is op Jesus Christus te bou.

Bou ʼn Vaste Fondament

Enige argitek of bouer sal jou vertel dat ʼn stewige fondament noodsaaklik is vir enige gebou. Helaman het geleer dat die beste fondament vir ons lewens “die rots van ons Verlosser is, wat Christus is, die Seun van God” (Helaman 5:12). Ons kan Christus ons fondament maak deur na Hom te kom en sy leerstellings te volg. Hoe voel jy vaar jy om Christus die fondament van jou lewe te maak?

Dien Ander

Beeld
voete

ʼn Ander goeie manier om ons lewens te bou, volgens President Dieter F. Uchtdorf, toe nog Tweede Raadgewer in die Eerste Presidensie, kom wanneer “ons op ons voete die Here en diegene rondom ons dien.”1 Wanneer jy ander dien, doen jy wat Jesus gedoen het en kan jy leer om meer soos Hy te word. En jy sal nie net die lewens van die mense seën wat jy dien nie, maar jy sal ook geseën word.

Skep ʼn Gereelde Roetine van Gebed en Skriftuurstudie

Beeld
biddende hande

ʼn Ander manier om ʼn gelukkige lewe te bou is om ʼn verhouding met Hemelse Vader en Jesus Christus te bou. ʼn Goeie manier om dit te doen is deur gebed en skriftuurstudie.

President Uchtdorf het gesê: “Om ons verhouding met God te versterk, het ons betekenisvolle tyd alleen met Hom nodig. Om in stilte daagliks te fokus op persoonlike gebed en skriftuurstudie… sal wyse beleggings van ons tyd en pogings wees om nader aan ons Hemelse Vader te kom.”2

Gebed is ʼn geleentheid om met ons Vader in die Hemel te kommunikeer. Hy ken ons, is lief vir ons en wil van ons hoor! Wanneer ons opreg bid, ons dank betuig en vra vir dit wat ons nodig het, luister Hy en antwoord altyd op sy eie manier en tyd.

Wanneer dit by skriftuurstudie kom, is daar nie net een regte manier om dit te doen nie. Die belangrikste is dat jy dit doen! President Russell M. Nelson het geleer: “Daaglikse verdieping in die woord van God is uiters belangrik vir geestelike oorlewing.”3 Om elke dag tyd met die skrifture deur te bring, sal jou sonder twyfel help om ʼn lewe van geloof en krag op te bou.

Omring Jouself met Diegene Wat Jou Aanmoedig Om Goed te Doen

Beeld
seun met uitgestrekte arms

Hemelse Vader wil hê dat ons moet skakel en verhoudings opbou met ander—veral familie en vriende. Ons word dikwels gevorm deur diegene met wie ons tyd spandeer. Of hulle lidmate van die Kerk is of nie, jy moet jouself omring met mense wat jou help om die evangelie uit te leef, die standaarde van die Here hou en om ʼn beter persoon te word. Jy kan ook diegene wat om jou is help om dieselfde te doen. Watter van jou vriende help jou om jou fondament op geregtigheid te bou?

Vind Vreugde Om Jou Fondament Te Bou

Daar is baie ander maniere waarop jy jou lewe kan bou om geestelik sterk te wees en om vreugde te hê, insluitend om kerk toe te gaan en die nagmaal te gebruik, verbonde te sluit en te onderhou en die raad van die lewende profete te volg.

Dit is belangrik om te onthou dat dié dinge tyd en werk verg. Daar moet altyd gebou en geleer word, maar jy hoef dit nie alleen te doen nie. Die Here sal jou elke dag help as jy jou bes probeer om ʼn lewe te bou waarop jy en Hy trots kan wees en wat vir jou vreugde sal bring.

Notas

  1. Dieter F. Uchtdorf, “Waiting on the Road to Damascus,” Apr. 2011 algemene konferensie (Ensign of Liahona, Mei 2011, 76).

  2. Dieter. F. Uchtdorf, “Of Things That Matter Most,” Okt. 2010 algemene konferensie (Ensign of Liahona, Nov. 2010, 21).

  3. Russell M. Nelson, “Hear Him,” Apr. 2020 algemene konferensie (Ensign of Liahona, Mei 2020, 89).

Druk