“Die Lydende Saligmaker,” Vir die Krag van die Jeug, Apr. 2022.
Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, April 2022
Die Lydende Saligmaker
Honderde jare voordat Jesus Christus gekom het, het Jesaja sy lyding vir ons sondes voorspel.
verag en verlaat
Toe Jesus Christus aarde toe gekom het, het sommige mense in Hom geglo, maar die meeste het nie. Hulle het selfs op Hom neergesien en baie het Hom gehaat. Aan die einde het mense gekies om Hom te laat martel en dood te maak. (Sien 1 Nefi 19:9.)
hy het ons krankhede op Hom geneem
Jesus Christus het al ons pyn, siekte en swakheid op Homself geneem. Hy het dit gedoen sodat Hy genade aan ons kon betoon en weet hoe om ons te help. (Sien Alma 7:11–13.)
hy is ter wille van ons oortredinge deurboor
Jesus Christus het vir ons sondes gely. Hy het dit gedoen sodat ons vergewe kan word as ons bekeer. (Sien Leer en Verbonde 18:11; 19:15–19.)
deur sy letsels het daar vir ons genesing gekom
Sy “letsels” is sy wonde. Dit verteenwoordig al die lyding wat hy vir ons verduur het, insluitend die vergieting van sy bloed en sy dood. Omdat Jesus Christus vir ons gely het, kan ons weer heelgemaak word. Sy opoffering maak dit moontlik dat ons sondes vergewe kan word. Hy genees ons en verander ons as ons bekeer en probeer om ons verbonde te onderhou. (Sien Mosia 3:7–11; Artikels van Geloof 1:3.)
© 2022 by Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Goedkeuring vir vertaling: 6/19. Vertaling van Monthly For the Strength of Youth Message, April 2022. Afrikaans. 18314 501