2022
Goddelike Liefde in die Vader se Plan
Mei 2022


“Goddelike Liefde in die Vader se Plan,” Liahona, Mei 2022.

Maandelikse Liahona-boodskap, Mei 2022

Goddelike Liefde in die Vader se Plan

Uittreksels

Beeld
berge wat deur wolke uitstyg

In die herstelde Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae het ons ʼn unieke begrip van ons Hemelse Vader se plan. Dit gee ons ʼn ander manier om die doel van die sterflike lewe te beskou, die goddelike oordeel wat daarop volg, en die uiteindelike glorieryke bestemming van al God se kinders. …

… Die geopenbaarde leerstelling van die herstelde Kerk van Jesus Christus leer dat al die kinders van God—met uitsonderings wat té beperk is om hier te oorweeg—uiteindelik in ʼn koninkryk van heerlikheid sal eindig. …

… Die hoogste hiervan is verheffing in die selestiale koninkryk, waarin ons soos ons Vader en sy Seun, Jesus Christus kan word. …

… Die sending van die herstelde Kerk is om al die kinders van God te help om te kwalifiseer vir wat God begeer as hul uiteindelike bestemming. …

Fundamenteel vir ons is God se openbaring dat verheffing slegs bereik kan word deur getrouheid aan die verbonde van ʼn ewige huwelik tussen ʼn man en ʼn vrou. Daardie goddelike leerstelling is waarom ons leer dat “geslag ʼn noodsaaklike kenmerk van individuele vooraardse, sterflike en ewige identiteit en doel is” [“Die Familie: ʼn Proklamasie aan die Wêreld,” ChurchofJesusChrist.org]. …

… Ons bevestig dat die familie proklamasie, gegrond op onherroeplike leerstelling, die soort familieverhoudings definieer waar die belangrikste deel van ons ewige ontwikkeling kan plaasvind. …

… Ons moet poog om hierdie waarhede van die ewigheid met ander te deel. Maar met die liefde wat ons aan al ons naastes verskuldig is, aanvaar ons altyd hulle besluite. Soos ʼn Boek van Mormon profeet geleer het, moet ons vorentoe beur, met “ʼn liefde van God en van alle mense” [2 Nefi 31:20].

Druk