“Die Dode Sal voor God Staan,” Vir die Krag van die Jeug, Des. 2023.
Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Desember 2023
Die Dode Sal voor God Staan
In sy openbaring het Johannes die Laaste Oordeel gesien.
die dode, klein en groot, staan voor God
Die krag van Jesus Christus se Opstanding bring alle mense na God se teenwoordigheid om geoordeel te word (sien Alma 11:42–44; 33:22; 40:21; Helaman 14:15–17; Mormon 9:13–14).
die boeke is geopen
Hierdie boeke verteenwoordig verslae wat op aarde gehou word van wát mense op aarde gedoen het om die verbondspad te volg (sien Leer en Verbonde 128:7).
die boek van die lewe
“Op ʼn manier is die Boek van die Lewe die totaal van ʼn persoon se gedagtes en dade—die verslag van sy lewe. Die skrifture dui egter ook aan dat ʼn hemelse verslag van die gelowiges gehou word, insluitend hul name en verslae van hul regverdige dade” (Gids tot die Skrifture, “Boek van die Lewe,” scriptures.ChurchofJesusChrist.org).
geoordeel
Die Laaste Oordeel kom nadat mense opgewek is. Jesus Christus sal elke persoon se Regter wees. Hierdie oordeel sal die ewige heerlikheid bepaal wat elke persoon sal ontvang. (Sien Gids tot die Skrifture, “Oordeel, Die Laaste,” scriptures.ChurchofJesusChrist.org; Alma 41:3–5; Leer en Verbonde 88:26–32.)
volgens hulle werke
Elke persoon sal geoordeel word volgens wat hulle gedoen en wat hulle begeer het (sien Leer en Verbonde 137:9). Hulle sal geoordeel word volgens hul gehoorsaamheid aan God se gebooie en of hulle opgetree het in harmonie met watter lig en waarheid hul ook al in hierdie lewe ontvang het.
© 2023 deur Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Vertalingsgoedkeuring: 6/19. Vertaling van Monthly For the Strength of Youth Message, December 2023. Language. 19049 501