Vir die Krag van die Jeug
Wat presies belowe ons wanneer ons gedoop word?
Junie 2024


“Wat presies belowe ons wanneer ons gedoop word?,” Vir die Krag van die Jeug, Junie 2024.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Junie 2024

Wat presies belowe ons wanneer ons gedoop word?

Beeld
doop

Baptism [Doop], deur Annie Henrie Nader

Die skrifture leer ons dat wanneer ons gedoop word, sluit ons ʼn verbond (of belowe) om gewillig te wees om die Naam van Jesus Christus op ons te neem, om God te dien en sy gebooie te onderhou (sien Mosia 18:10; Leer en Verbonde 20:37, 77).

Ons leer ook in die skrifture dat die doop ons help om ons begeerte “om in die kudde van God te kom, en om sy volk genoem te word” te vervul (Mosia 18:8). Met ander woorde, een rede waarom ons gedoop word, is dat ons by die Kerk van Jesus Christus wil aansluit en die liefde en samehorigheid geniet wat kom deur verenig in Christus te wees.

Die toewyding om die Here te dien en sy gebooie te onderhou kan baie dinge regdeur ons lewens insluit. Dit sluit byvoorbeeld in om “gewillig [te wees] om mekaar se laste te dra, … te treur met diegene wat treur; ja, en diegene te troos wat vertroosting nodig het, en om te staan as getuies van God te alle tye en in alle dinge, en op alle plekke” (Mosia 18:8–9).

Druk