Vir die Krag van die Jeug
Hoe kan ons verenig word as ons almal so divers is?
Oktober 2024


“Hoe kan ons verenig word as ons almal so divers is?,” Vir die Krag van die Jeug, Okt. 2024.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Oktober 2024

Hoe kan ons verenig word as ons almal so divers is?

Beeld
blokkies met pyle daarop

Ons is almal verskillend. Maar die Here wil hê ons moet “een wees” (Leer en Verbonde 38:27). Hier volg ʼn paar beginsels van eenheid wat profete en apostels ons geleer het:

Ons is verenig in Jesus Christus, sy evangelie en sy Kerk. “Dit is slegs in en deur ons individuele lojaliteit aan en liefde van Jesus Christus dat ons kan hoop om een te wees.”

Eenheid vereis liefde. “Selfs met diversiteit van tale en pragtige, opbouende kulturele tradisies, moet ons harte hê wat verenig is in eenheid en liefde.”

Eenheid is nie eendersheid nie. “Eenheid en diversiteit is nie teenoorgesteldes nie. Ons kan groter eenheid bereik as ons ʼn atmosfeer van insluiting en respek vir diversiteit bevorder.” “Eenheid vereis nie eendersheid nie, maar dit vereis wel harmonie.”

Eenheid vereis verbanning van twis en vooroordeel. “Daar is plek vir almal. Daar is egter geen ruimte vir vooroordeel, veroordeling of twis van enige aard nie.”

Notas

  1. D. Todd Christofferson, Apr. 2023 algemene konferensie (Liahona, Mei 2023, 79).

  2. Quentin L. Cook, Apr. 2015 algemene konferensie (Ensign of Liahona, Mei 2015, 65).

  3. Quentin L. Cook, Okt. 2020 algemene konferensie (Ensign of Liahona, Nov. 2020, 19).

  4. D. Todd Christofferson, Apr. 2023 algemene konferensie (79).

  5. Russell M. Nelson, “Peacemakers Needed,” Apr. 2023 algemene konferensie (Liahona, Mei 2023, 101).

Druk