Die Eerste Takke in Suid-Afrika
Voor sy dood het Joseph Smith die Apostels opdrag gegee om nie “ʼn enkele hoekie van die aarde sonder ʼn sending te laat gaan nie.” Die moeisaamheid verbonde aan reis, kulturele verskille, beperkings op godsdiensvryheid en die Heiliges se eie beperkte hulpbronne het die opdrag uiters bemoeilik—maar op 28 Augustus 1852 het Brigham Young ʼn eerste stap gedoen om die martelaar profeet se opdrag om die eerste sendelinge na Afrika te roep, te vervul.
Ouderling Jesse C. Haven, vergesel deur William H. Walker en Leonard I. Smith het ʼn paar weke later na Kaapstad vertrek. Hulle reis het sewe maande geduur; die drie het die Amerikaanse vlaktes oorkruis en toe van New York via Liverpool na Kaapstad geseil en hul passaat verdien en siektes getrotseer op hulle reis. “Ons het nie geweifel nie—nie verswak nie—nie gevrees nie; ons het gevoel dat die Here ons gestuur het om die boodskap te lewer en deur sy hulp was ons vasbeslote om dit wat ons gestuur is, te vermag,” het Haven geskryf na hulle in Kaapstad aangekom het.
Dit was moeilik om te predik. Hekelaars het dikwels straatvergaderings ontwrig en soms vrot eiers of groente na die sendelinge gegooi. Ware vooruitgang het in alle erns begin toe Nicholas Paul van Mowbray sy huis vir hulle aangebied het vir vergaderings en beskerming van vervolging. Paul en andere het gou by die Kerk aangesluit, en teen September 1853 is twee takke georganiseer.
Die sendelinge het aanvanklik hulle pogings gefokus op wit, Engelssprekende koloniste. Ten spyte van die rasseverdelings van die era het ʼn paar gemengde-ras mense ook by die Kerk aangesluit. Terwyl sendelinge se dagboeke geen melding maak van haar ras nie, toon die 1880 Utah sensusrekords dat Johanna Langeveld Provis een van daardie gemengde-ras bekeerlinge was. Provis was ook die eerste Hollandse of Afrikaanssprekende om by die Kerk aan te sluit. In 1854 het sy Haven die taal geleer terwyl hy voorberei het om Afrikaanse gemeenskappe te bereik.
Soos ander vroeë bekeerlinge, het baie Heiliges in Suid-Afrika groot hindernisse oorkom om met die Heiliges in Utah te versamel. In een geval het skeepseienaars geweier om die Heiliges passaat te gee. Twee ryk lede, Charles Roper en John Stock, het gereageer deur ʼn skip genaamd Unity te koop vir hulle mede-bekeerlinge. ʼn Paar Heiliges het agtergebly en vir jare getrou aan die geloof gebly op hulle eie. George en Anna Ruck, vroeë lede van die Mowbray-tak, het sendelinge gesien vertrek in 1858 en hulle plaasvervangers drie jaar later verwelkom. Die Rucks het in Suid-Afrika gebly toe die sendelinge weer in 1865 vertrek het. Anna is omtrent twee dekades later oorlede, maar George het gelewe om getuienis aan die volgende groep sendelinge te lewer na hulle in 1903 aangekom het. Alhoewel hy dit nooit oor die oseaan gemaak het na die tempel toe nie, het hy gelewe om te weet dat sy vrou se tempelordinansies deur plaasvervangers in 1906 gedoen is.