2013
Die Wêreld Het Vandag Pioniers Nodig
Julie 2013


Eerste Presidentskap Boodskap, Julie 2013

Die Wêreld Het Vandag Pioniers Nodig

President Thomas S. Monson

Vir baie het die pionier trek van 1847 nie in Nauvoo, Kirtland, Far West of New York begin nie, maar in verafgeleё Engeland, Skotland, Skandinaviё of Duitsland. Klein kindertjies kon nog nie volkome die dinamiese geloof verstaan wat hulle ouers gemotiveer het om familie, vriende, gerief en sekuriteit agter te laat nie.

‘n Klein kindjie mag dalk gevra het, “Mamma, hoekom moet ons ons huis verlaat? Waarheen gaan ons?

“Kom my kosbare klein kindjie; ons gaan na Sion, die stad van ons God.”

Tussen die veiligheid van hulle huise en die belofte van Sion, het die ontstuimige en gevaarlike waters van die almagtige Atlantiese Oseaan gestaan. Wie kan die vrees herroep, wat die mense hart gedurende daardie gevaarlike kruisings aangegryp het? Aangehits deur die stille fluisteringe van die Gees, en onderhou deur ‘n eenvoudige, tog blywende geloof, het daardie pionier Heiliges in God vertrou en die seile gespan en met hul reistog begin.

Hulle het uiteindelik in Nauvoo aangekom, om daar te ontdek dat hulle nou weer die beproewinge van die trek sal moet aandurf. Grafstene van salie en klip, merk die hele roete vanaf Nauvoo tot en met Salt Lake City. So was die prys wat sommige pioniers moes betaal het. Hulle liggame is in vrede begrawe, maar hulle name leef vir ewig voort.

Moё osse het voort gestrompel, wa wiele het gekreun, brawe manne het geswoeg, oorlog dromme het geklink en prêriewolwe het gehuil. Maar die geloof-geinspireerde en storm-gedrewe pioniers het voorentoe gedruk. Hulle het dikwels gesing:

Kom, Kom julle Heiliges, moet geen swoeg of arbeid vrees nie;

Maar met vreugde, gaan julle weg.

Alhoewel hierdie reistog vir jou baie moeilik mag wees,

Sal jy daagliks genade ontvang. …

Alles is reg! Alles is reg!1

Hierdie pioniers het die woorde van die Here onthou: “My mense moet in alle dinge beproef word, sodat hulle voorbereid mag wees om die glorie te ontvang wat ek vir hulle het, selfs die glorie van Sion.”2

Die verbygang van tyd, verdof ons herinneringe en verminder ons waardering vir diegene wie in die paaie van pyn gewandel het, en wie met trane, ‘n spoor van naamlose grafte na gelaat het. Maar wat van vandag se uitdagings? Is daar geen rotsagtige paaie om oor te reis nie, geen gebergtes om te klim nie, geen afgronde om oor te kom nie, geen spoor om te slaan nie, geen riviere om oor te steek nie? Of is daar huidiglik ‘n baie werklike nood vir daardie pionier gees, om ons van die gevare af weg te lei wat dreig om ons te omvou en om ons na ‘n Sion van veiligheid, te lei?

In die dekades sedert die Tweede Wêreld Oorlog, is die standaarde van sedelikheid keer op keer verlaag. Misdaad spiraal opwaards; ordentelikheid kantel afwaards. Vele is op ‘n reusagtige wipwaentjie van rampspoedigheid, opsoek na die opwinding van die oomblik, terwyl hulle die vreugde van die ewigheid opoffer. So gee ons dan ons vrede prys.

Ons vergeet hoe die Grieke en die Romeine op manjefieke wyse in ‘n barbaarse wêreld die oorhand gekry het, en hoe daardie oorwinning geeindig het — hoe ‘n laksheid en ‘n sagtheid hulle oorkom het en uiteindelik tot hulle verderf gelei het. In die einde, wou hulle sekurieit en ‘n gemaklike lewe meer gehad het, as vryheid; en hulle het alle — gemak en sekuriteit en vryheid verloor.

Moenie tot Satan se aanloklikhede ingee nie; staan eerder standvastig vir waarheid. Die onversadige begeertes van die siel sal nie deur die nimmereindigende soektog na vreugde vermag word, te midde van ‘n siddering van sensasie en ondeug nie, Ondeug sal nooit na deugdheid lei nie. Haat sal nooit liefde bevorder nie. Lafhartigheid sal nooit dapperheid aanmoedig nie. Twyfel sal nooit geloof aanspoor nie.

Sommige vind dit moeilik om terging en onaangename aanmerke van dwase mense te weerstaan, wie die spot dryf met sedelikheid, eerlikheid en gehoorsaamheid aan God se gebooie. Maar die wêreld het nog altyd gehoorsaamheid aan beginsels, verkleineer. Toe Noag aangesê is om ‘n ark te bou, het die dwase skare na die wolklose hemelte gekyk en gespot en gelag — totdat die reёn begin val het.

Moet ons sulke duur lesse oor en oor leer? Tye verander, maar waarhede bly voort. Wanneer ons nie uit die ondervindinge van die verlede leer nie, word ons verdoem om hulle, met al hulle hartseer, leiding en angs, te herhaal. Het ons nie die wysheid om Hom wie die begin van die einde ken, te gehoorsaam nie — ons Here wie die plan van saligheid ontwerp het — eerder as daardie ou slang, wie die skoonheid daarvan verag nie?

‘n Woordeboek gee die definisie van ‘n pionier as “een wie vooraf gaan om die weg te open of voor te berei vir andere om te volg.”3 Kan ons op ‘n manier die moed en standvastigheid bymekaar maak wat die pioniers van ‘n vorige generasie besit het? Kan ek en jy, waarlik pioniers wees?

Ek weet ons kan wees. O, hoe die wêreld vandag pioniers nodig het!

Notas

  1. “Kom, Kom, Julle Heiliges,” Gesang, no. 30.

  2. Leer en Verbonde 136:31.

  3. Oxford Engelse Woordeboek, 2de uitg. (1989), “pionier.”

Leringe vanuit hierdie Boodskap

Die geskrifte verduidelik dat tuis besoekers moet “waarsku, verduidelik, vermaan en leer en almal moet nooi om na Christus te kom” (L&V 20:59). Oorweeg om die waarskuwings en uitnodigings in President Monson se boodskap, aan diegene wie julle besoek, uit te wys. Jy mag dalk saam met hulle maniere wil bespreek, om regverdige voorbeelde te herken en na te volg en hoe om van andere se foute te leer en hoe om misleiding te vermy. Vra diegene wie julle leer, hoe hulle vandag pioniers kan wees.