2013
Dit was moontlik vir my om van My Droefheid te Laat Gaan
September 2013


Jeug

Ek Was Bevoeg om van My Droefheid te Laat Gaan

Die skrywer is van Taiwan.

Toe my vriend se Broer Chen en sy vrou in ons wyk gedoop is, was ek verheug. ʼn Jaar na hul doop, is hulle in die tempel geseël, en hul seun wat gesterf het voor hulle by die Kerk aangesluit het, is aan hulle geseël. Dit was wonderlik om die Chens te sien groei in die evangelie.

Toe sterf Broeder Chren in ʼn motor ongeluk die volgende jaar. Na die ongeluk, het dit gevoel asof sy dood altyd in my kop was en het dit gereëld by my kom spook in my drome. Ek het wakker geword in trane en oor en oor gevra, “Hoekom?” Hoekom laat die Here toe dat hierdie soort tragedies gebeur? Hoekom moes so iets met hierdie pragtige familie gebeur het? Een dag, toe ek geworstel het met hierdie vrae, het ek ʼn les handboek opgetel en hierdie woorde van President Spencer W. Kimball gelees (1895–1985):

“As ons na sterflikheid gekyk het as die hele rede vir ons bestaan, dan sal pyn, verdriet, mislukking en ʼn kort lewe rampspoedig gewees het. Maar as ons na die lewe kyk as ʼn ewige ding wat vêr strek van die vooraardse verlede en voorwaarts na die ewige nadoodse toekoms, dan kan alle gebeurtenisse in die regte perspektief geplaas word. …

“Is ons nie blootgestel aan versoeking om ons krag te toets nie, siekte sodat ons gedult kan leer, die dood sodat ons onsterflikheid en verheerlikking mag hê?”1

Op daardie oomblik het ek besluit om van my smart te laat gaan en om in die belowende en moontlike toekoms te kyk. Ek het in my geestes oog gesien hoe Broeder Chen gelukking verenig word met sy familie. Daardie insig het aan my vrede gebring. Ek weet dat Hemelse Vader ons die wysheid en moed sal gee om teëspoed in die oë te kyk.

Nota

  1. Lesse van die Presidente van die Kerk: Spencer W. Kimball (2006), 15.