Jeug
Somer van Liefde
Die skrywer woon in Virginia, VSA.
Een somer het ek tyd spandeer in ‘n vreemde land waar ek met kinders gewerk het met spesiale behoeftes. Toe ek die kinders ontmoet het, was ek baie senuweeagtig. Ek het nie hulle taal gepraat nie, maar ek het vertrou dat die Gees my in my interaksies met hulle sou lei. Soos ek elke kind leer ken het, het ek besef dat taal nie ‘n versperring vir liefde is nie. Ek het met die kinders gespeel, gelag en het kunsvaardighede met hulle gedoen en kon nie help om totale liefde vir hulle te voel nie. Ek het kortliks die liefde wat Hemelse Vader vir sy kinders het gesien en die geluk wat my hart gevul het was onbeskryflik.
Wanneer ek ander dien, voel ek nie net liefde vir die wat ek dien nie, maar ook vir my Hemelse Vader. Ek het waarlik besef dat: “wanneer julle in die diens van jul medemens is, julle waarlik in die diens van julle God is” (Mosia 2:17) Die doel van my diens, of dit nou groot diens projekte is of klein dade van goedhartigheid, was nog altyd om God te eer (Mattheus 5:16). Ek hoop soos ek ander dien, dat mense die liefde wat ek vir my Hemelse Vader het en die Lig van Christus wat in my brand, sal herken.