Jeug
Om ʼn Dagboek Te Hou
President Uchdorf vergelyk ons dag met die tye van die pioniers. Al mag jy dalk nie die vlaktes oorgesteek het nie, is jy meer soos die pioniers as wat jy mag dink! Jy kan ook medelye, harde werk en optimisme vorendag lê. En net soos ons weet dat die pioniers hierdie kwaliteite vorendag gelê het, deur die verslae wat hulle agter gelaat het, kan jou nasate jou, deur jou dagboek, leer ken.
Neem ʼn paar minute om ietsie aangaande jouself in jou dagboek te skryf. Jy kan oor geestelike dinge skryf, soos hoe jy jou getuienis ontwikkel het of hoe jy uitdagings met Hemelse Vader se hulp oorkom het. Jy kan ook jou agter-kleinkinders help (wat dalk eendag jou dagboek mag lees!) om te weet hoe jou daaglikse lewe was. Watter projekte is jy mee besig op skool? Hoe lyk jou kamer? Wat is jou gunsteling herinnering van jou familie?
Soos wat jy begin om elke dag ʼn klein bietjie te skryf, sal jy nie net presies kan sien hoe Hemelse Vader jou deur jou daaglikse lewe help nie, net soos wat Hy die pioniers gelei het, maar jy sal ook ʼn nalatingskap vir jou eie toekomstige nasate nalaat.