Eerste Presidensie Boodskap, November 2015
Wees ʼn Voorbeeld en ʼn Lig
Soos wat ons die voorbeeld van die Verlosser nastreef, sal die geleentheid ons s’n wees om ’n lig in die lewens van andere te wees.
My broers en susters, hoe dankbaar is ek om weer saam met julle te wees. Soos wat julle weet, sedert ons saam was in April, is ons bedroef as gevolg van die afsterwe van drie van ons geliefde apostels. President Boyd K. Packer, Ouderling L. Tom Perry, en Ouderling Richard G. Scott. Hulle het na hul hemelse tuiste terug gekeer. Ons mis hulle. Ons is dankbaar vir hul voorbeeld van Christelike liefde en vir die besielende leerstellinge wat hulle aan ons nagelaat het.
Ons verwelkom met ope arms ons nuutste Apostels, Ouderling Ronald A. Rasband, Ouderling Gary E. Stevenson, and Ouderling Dale G. Renlund. Hierdie is mans wat toegewy is aan die werk van die HERE. Hulle is hoogs gekwalifiseerd om die belangrike poste te vul waarin hulle nou geroep is.
Soos wat ek die skriftiere in die laaste tydjie bestudeer en bepeins het, het twee skrifgedeeltes veral vir my uitgestaan. Albei is wel bekend. Die eerste een is uit die Bergpredikasie: “Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.”1 Die tweede skrifgedeelte is een wat in my gedagtes opgekom het terwyl ek die betekenis van die eerste een bepeins het. Dit is uit die Apostel Paulus se Sendings brief aan Timótheüs: “Wees ’n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid.”2
Ek glo dat die tweede skriflesing, in grote maat verduidelik, hoe ons die eerste skriflesing kan vermag. Ons word ’n voorbeeld vir die gelowiges deur die evangelie van Jesus Christus te lewe, in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid. Soos ons dit doen, sal ons lig skein vir ander, om dit te sien.
Elkeen van ons wat na hierdie aarde kom, ontvang die Lig van Christus. Soos ons die voorbeeld van die Verlosser volg en lewe soos Hy geleef het, sal dáárdie lig binne in ons brand en die weg vir ander verlig.
Die Apostel Paulus bied aan ons ʼn lys van ses eienskappe van ʼn gelowige, eienskappe wat ons in staat sal stel om ons lig te laat skyn. Laat ons na elkeen kyk.
Ek noem die eerste twee saam—wees ’n voorbeeld vir die gelowiges in woord en in wandel. Die woorde wat ons gebruik kan mense oplig, of dit kan seer maak en verneder. In vandag se wêreld is daar ’n oormag van vloekwoorde wat ons amper omsingel op elke draai. Dit is moeilik om te vermei, om te hoor hoe die name van die Godheid so ligtelik en onbesonne gebruik word. Dit skyn dat kru aanmerkings alledaags geword het op televisie, rolprente, boeke, en musiek. Lasterlike aanmerkings en kwaai retoriek word heen en weer geslinger. Laat ons ander mense aanspreek met liefde en respek, ons taal altyd skoon hou en woorde of aanmerkings vermei wat ander mag kwes of aanstoot sal gee. Mag ons altyd die voorbeeld van die Verlosser volg, wie ander deur Sy hele bediening met sagmoedigheid en teerheid aangespreek het.
Die volgende eienskap wat deur Paulus aangeteken is, is welwillendheid, wat gedefinieër is as “die ware liefde van Christus.”3 Ek is baie seker dat daar binne die omvang van ons invloed mense is wat eensaam is, siek is, en diegene wat mismoedig is. Ons het die geleentheid om hulle te help en hulle geeste te verkwik. Die Verlosser het hoop aan die hopelose en krag aan die swakkelinge gebring. Hy het die siekes gesond gemaak; Hy het die verlamde mense laat loop, die blindes laat sien, en die dowes laat hoor. Hy het tot mense uit die dood opgewek. Reg deur Sy bediening het Hy in welwillendheid uitgeryk na enigeen wat in nood was. Soos wat ons nastreef om Sy voorbeeld te volg, sal ons lewens seën, insluitende ons eie.
Volgende, moet ons ʼn voorbeeld in gees wees. Vir my beteken dit, dat ons daarna strewe om vriendelikheid, dankbaarheid, vergifnis, en welwillendheid in ons lewens te ontwikkel. Hierdie waardes sal ons met ʼn gees vul, wat die lewens van diegene om ons sal aanraak. Dit was my geleentheid in die verlede om ʼn genootskap met talle individuë te hê wat hierdie gees besit het. Ons ervaar ʼn spesiale gevoel wanneer ons saam met hulle is, ʼn gevoel wat ons aanspoor om hulle as metgeselle te hê, en om hul voorbeeld na te streef. Die lig van Christus straal uit hulle uit en help ons om Sy liefde vir ons te voel.
Om te illustreer dat die lig wat uit ʼn rein en liefdevolle gees kom deur ander herken word, deel ek ʼn ondervinding met julle van jare gelede.
Gedurende daardie tyd, het leiers van die Kerk met amptenare van Jerusalem onderhandel om ʼn huurkontrak te finaliseer vir die grond waarop die Jerusalem Sentrum gebou sou word. Om die toestemming te verkry wat nodig sou wees, moes die Kerk ooreenkom dat geen bekeringswerk gedoen sou word deur die kerklede wat die sentrum sou beman nie. Nadat die ooreenkoms bereik is, het een van die Israeli amptenare, wat die Kerk en sy lede goed geken het, aangemerk dat hy seker was dat die Kerk, die geen-bekeringswerk ooreenkoms, sou na kom. “Maar,” het hy gesê, terwyl hy na die studente verwys het wat daar sou werk, “wat gaan ons doen aangaande die lig wat in hulle oë is?”4 Mag daardie spesiale lig ewig binne ons skyn, sodat dit deur ander erken kan word, en waardeer kan word.
Om ʼn voorbeeld van geloof te wees beteken dat ons in die HERE en Sy woord vertrou. Dit beteken dat ons die leerstellings besit en aankweek wat ons denke en aksies sal lei. Die geloof wat ons het in die HERE Jesus Christus, en ons Hemelse Vader sal alles beïnvloed wat ons doen. Te midde van die verwarring in ons era, die gewete-stryd, en die gewoel van daaglikse lewe, word ʼn blywende geloof ʼn anker in ons lewens. Onthou, dat geloof en twyfel nooit terselfde tyd in dieselfde verstand bestaan nie, want die een sal die ander verdryf. Ek wil herhaal wat ons herhaaldelik vertel word—om die geloof te ontwikkel en te behou wat ons nodig het, is dit noodsaaklik dat ons die skriftiere lees, bestudeer en bepeins. Kommunikasie met ons Hemelse Vader deur gebed is noodsaaklik. Ons kan nie bekostig om nalatig te wees in hierdie dinge nie, want die duiwel en sy engele soek onophoudelik vir ʼn swakplek in ons panser, ʼn afdwaling in ons geregtigheid. Die HERE het gese: “Soek eiwerig, bid gedurig, en wees gelowig, en alles sal meëwerk tot julle beswil.”5
Ten laaste, ons moet rein wees, wat beteken dat ons skoon moet wees in liggaam, verstand, en gees. Ons weet dat ons liggame tempels is wat met eerbied en respek behandel moet word. Ons verstand moet met opliggende en verhewe denke gevul word en vry gehou word van dinge wat dit sal besoedel. Om die Heilige Gees as ʼn voltydse metgesel te hê, moet ons waardig wees. Broers en susters, reinheid sal ons gemoedsrus bring, en sal ons kwalifiseer om die Verlosser se beloftes te ontvang. Hy het gesê, “En salig is al die reines van hart, want hulle sal God sien.”6
Soos ons bewys dat ons ’n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid is, sal ons kwalifiseer om ʼn lig aan die wêreld te wees.
Mag ek aan almal van julle, en veral julle jong mense sê: soos die res van die wêreld al hoe verder en verder weg beweeg van die beginsels en riglyne daargestel deur ʼn liefdevolle Hemelse Vader, sal ons uitstaan teen die skare want ons is anders. Ons sal uit staan want ons kleredrag is beskeie. Ons sal anders wees want ons vloek nie, en omdat ons nie stowwe inneem wat skadelik is vir ons liggame nie. Ons sal anders wees omdat ons kru humor en afkrakende aanmerkings vermei. Ons sal anders wees, soos wat ons besluit om nie ons verstand met media keuses te vul wat laag en afbrekend is nie, en wat die Gees uit ons huise en lewens verjaag nie. Ons sal definitief uit staan wanneer ons keuses maak rakende moraliteid—keuses wat getrou bly aan evangeliese beginsels en standaarde. Daardie dinge wat ons verskillend maak van die res van die wêreld, vul ons ook met daardie gees en daardie lig, wat sal skein in ʼn wêreld wat al hoe donkerder word.
Dit is somtyds moeilik om anders te wees en om alleen in die skare te staan. Dit is natuurlik om te vrees wat ander mag dink en sê. Vertroostend is die woorde van die Psalm: “Die HERE is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?”7 Soos ons Christus die middelpunt van ons lewens maak, sal ons vrese deur die moed van ons oortuiging vervang word.
Die lewe is vir geeneen van ons perfek nie, en soms mag die uitdagings en moeilike tye wat ons in die gesig staar, ons oorweldig, en maak dat ons lig nie meer helder skyn nie. Nieteenstaande, met help vanaf ons Hemelse Vader, saam met die ondersteuning van andere, kan ons ons lig herwin, wat dan ons eie pad sal verlig, en weereens die lig wat ander sou nodig het, verskaf.
Om te illustreer, deel ek met julle die woorde van ʼn gunsteling gedig wat ek jare gelede vir die eerste keer gelees het:
Ek het ʼn vreemdeling in die aand ontmoed
Wie se lamp nie meer geskyn het nie.
Ek het ʼn oomblik gewag terwyl
Hy sy lamp van myne aangesteek het.
ʼn Storm het later opgeruk
Wat die hele wêreld rondgeskud het.
En toe die wind bedaar
Was my lamp dood!
Maar die vreemdeling het na my toe teruggekeer—
Met sy lamp wat nog helder skyn!
HY het die waardevolle vlam uitgehou
En weer myne aangesteek!8
My broers en susters, ons geleenthede om te skyn is elke dag om ons, in watter omstandighede ons onself ook al mag bevind. Soos wat ons die voorbeeld van die Verlosser nastreef, sal die geleentheid ons s’n wees om ’n lig in die lewens van andere te wees, of hulle ons eie familie lede en vriende mag wees, ons mede werkers, kennisse, of totale vreemdelinge.
Aan elkeen van julle, sê ek dat jy ʼn seun of dogter van ons Hemelse Vader is. Jy het uit Sy teenwoordigheid gekom om vir ʼn kort seisoen op hierdie aarde te lewe, om die Verlosser se liefde en leerstellings te reflekteer, en om jou lig dapper te laat skyn vir almal om te sien. Wanneer daardie seisoen eindig, as jy jou deel gedoen het, sal jy die glorieryke seëning ontvang om terug te keer en verewig in Sy teenwoordigheid te lewe.
Hoe gerusstellend is die woorde van die Verlosser: “Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.”9 Van Hom getuig ek. Hy is ons Redder en Verlosser, ons Advokaat met die Vader. Hy is ons Voorbeeld en krag. Hy is “die Lig wat in die duisternis skyn.”10 Dat elkeen onder die klank van my stem mag belowe om Hom te volg, om sodoende ʼn helder lig aan die wêreld te word, Is my gebed in Sy heilige Naam, selfs Jesus Christus die HERE, Amen.
© 2015 deur Intellectual Reserve, Inc. Alle regte voorbehou. Gepubliseer in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/15. Vertalings goedkeuring: 6/15. Vertaling van die First Presidency Message, November 2015. Africaans. 12591,501.