Eerste Presidensie Boodskap, April 2016
Profeteer en Persoonlike Openbaring
Die ware Kerk van Jesus Christus was herstel en is op die aarde vandag. Die Kerk van Jesus Christus van die laaste-dae was altyd deur lewende profete en apostels gelei, wie altyd konstante leiding van die hemel ontvang.
Daardie goddelike patroon was ook ouds. Ons leer in die Bybel: “Want die Here doen niks tensy Hy sy raadbesluit aan sy knegte, die profete geopenbaar het nie” (Amos 3:7).
God het weer in ons tyd deur die Profeet Joseph Smith gespreek. Hy het deur die Profeet Joseph Smith die evangelie van Jesus Christus in sy volheid geopenbaar. Hy het Sy heilige priesterskap met sy sleutels en al die regte, magte en funksies van die heilige mag van die priesterskap herstel.
In ons dag, is lewende profete en apostels gemagtig om te spreek, onderig en dirigeer met die gesag van God die Vader en die Here Jesus Christus. Die Verlosser het vir die Profeet gese, “Wat Ek, die Here gespreek het, het Ek gespreek en Ek verskoon Myself nie; en al gaan die hemele en die aarde verby, my woord sal nie verbygaan nie, maar sal vervul word, of dit deur my eie stem of deur die stem van my diensknegte, dit is dieselfde” (L&V 1:38).
Ons is twee keer ʼn jaar in algemene konferensie geseen met die geleentheid om die woord van die Here wat vir ons bedoel is, deur Sy diensknegte aan te hoor Dit is ʼn voorreg bo en behalwe die prys. Maar die waarde van daardie geleentheid hang af of ons die woord onder die invloed van dieselfde Gees ontvang waardeur hulle aan daardie kienskegte gegee is. (sien L&V 50:19-22). Net soos hulle leiding van die hemel ontvang, so moet ons. En dit vereis dieselfde geestelike inspanning van ons.
“Doen Jou Huiswerk”
Jare gelede het die lede van die Qworum van die Twaalf Apostels my gevra om die konferiense praatjie wat hy voorberei het vir die algemene konfereinse, te lees. Ek was ʼn junior lid van die kworum. Ek was vereer deur sy vertroue dat ek hom mag help om die woorde wat die Here wou gehad het hy moes spreek, te vind. Hy het met n glimlag vir my gese, “O, dit is die 22st konsep van die praatjie.”
Ek het die raad van n liefdevolle en goedhartige President Harold B. Lee (1899-1973) onthou wat vroeër met groot klem vir my gegee is: “Hal, as jy openbaring wil ontvang, doen jou huiswerk.”
Ek het gelees, gewonder en gebid oor daardie 22st konsep Ek het as die beste as wat ek kon gestudeer onder die invloed van die Heilige Gees. By die tyd dat daardie kworum lid sy praatjie gegee het, het ek my huiswerk gedoen. Ek is nie seker of ek gehelp het nie, maar ek het verander toe ek die praatjie wat gegee is, gehoor het. Boodskappe het buiten die woorde wat ek gelees en wat hy gespreek net, na my toe gekom. Die woorde het groter betekenis gehad as die wat ek in die konsep gelees het. En die boodskap het geblyk om vir my bedoel te wees, toegerus vir my behoeftes.
Die diensknegte van God vas en bid om die boodskap te ontvang wat Hy het, om vir diegene te gee wat openbaring en inspirasie benodig. Wat ek van daardie ondervinding en baie ander soos dit geleer het, is dat om die groot voordele wat beskikbaar is van die lewende profete en apostel te gewin, moet ons die prys onself betaal vir die ontvangs van openbaring.
Die Here is lief vir elke persoon wat Sy boodskap mag hoor en Hy ken die harte en omstandighede van elkeen. Hy weet watse korreksie, watse aanmoediging en watse evangelie waarheid die beste hulp vir elke persoon sal wees om hom of haar weg na die ewige lewe te kies.
Die van ons wat na die algemene konferensie boodskappe kyk en luister dink somtyd agterna, “Wat onthou ek die meeste?” Die Here se hoop vir elkeen van ons is wat ons antwoord sal wees: “Ek sal nooit die oomblik vergeet toe ek die stem van die Gees in my gedagtes gevoel het nie en my hart my vertel wat ek kan doen om my Hemelse Vader en die Verlosser te plesier.
Ons kan persoonlike openbaring ontvang wanneer ons na die profete en apostel luister en as ons in geloof werk om dit te ontvang, net soos President Lee gese het ons kan. Ek weet dit is waar van ondervinding en deur die getuie van die Gees.
© 2016 deur Intellectual Reserve, Inc. Alle regte voorbehou. Gepubliseer in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/15. Vertalings goedkeuring: 6/15. Vertaling van die First Presidency Message, April 2016. Afrikaans. 12864 501.