Kinders
Toon Liefde
Jesus het ’n storie gedeel van ’n vader en sy twee seuns. Die vader het in die wingerd gewerk en het sy twee seuns gevra om te help. Die eerste seun het eers nee gesê, maar het later in die wingerd kom help. Die tweede seun het gesê dat hy sal help, maar hy het nooit gegaan nie. Jesus het geleer dat die eerste seun meer liefde vir sy vader getoon het, deur gehoorsaam te wees.
Maak ’n toneelspel van hierdie storie! Teken of skryf dan drie dinge wat jy kan doen om jou liefde vir Hemelse Vader te toon.