2017
ʼn Sendeling sonder ʼn Naamplaatjie
Junie 2017


Jeug

ʼn Sendeling sonder ʼn Naamplaatjie

Ek het ʼn onderwyser op skool wat die soort persoonlikheid het wat iemand mag afskrik om teenoorgestelde sienings oor ʼn onderwerp mee te deel. Een dag het ons die onderwerp van Heiliges van die Laaste Dae-sendelinge bespreek. Ek het geweet ek kon sy vrae beantwoord, maar ek het gevoel ek moes nie. Ek het dus net genoeg gesê om hom vir die oomblik te bevredig.

Vir die volgende paar weke kon ek nie ophou om te dink aan ons gesprek nie. Uiteindelik het ʼn gedagte by my opgekom dat ek hom ʼn Boek van Mormon moes gee waarin ʼn paar frases oor sendingwerk uitgelig is. Die gedagte het my bang gemaak, maar dit het aangehou. Ek het geweet dit is ʼn prikkeling wat ek moes volg.

Ongeveer twee maande later het ek die Boek van Mormon gereed gehad. Dit het die hele dag lank gevoel of die boek ʼn gat in my rugsak gebrand het. Die drie sekondes wat dit my geneem het om dit vir hom te gee toe ek vir die wintervakansie weggaan, was die skrikwekkendste oomblik van my lewe.

Tydens my eerste dag terug het ek verby sy klaskamer geloop, maar was bang om in te gaan. Toe hoor ek hom roep, en hy gee my ʼn kaartjie. Ek het dit in die gang gelees. Hy het geskryf dat hy die gedeeltes wat ek gemerk het “in diepte” bestudeer het, en hy het sommige beweegredes van my geloof begin insien.

Ek word nou opgewonde om die evangelie te deel, en ek is selfs meer opgewonde om my Hemelse Vader binnekort op ʼn sending te dien.