Jeug
Toe My Vriend Oorlede Is
Die skrywer woon in Utah, VSA.
Gedurende my junior jaar op hoërskool, het my vriend ʼn breinaneurisme gehad en is die volgende dag oorlede. Alhoewel ek ʼn lid van die Kerk was, het ek steeds gesukkel. Ek is my hele lewe lank geleer dat ek my na Hemelse Vader en die Saligmaker kon wend vir enigiets, maar ek het nog nooit voorheen iets soos hierdie belewe nie.
Ek het vir ure gehuil, en gesoek na iets — enige iets — wat my vrede kon bring. Die nag ná sy oorlede is, het ek my na die sangbundel gewend. Terwyl ek deur die bladsye geblaai het, het ek op “Abide with Me; ’Tis Eventide” afgekom (Gesang,no. 165). Die derde vers het vir my uitgestaan:
Abide with me; ’tis eventide,
And lone will be the night
If I cannot commune with thee,
Nor find in thee my light.
The darkness of the world, I fear,
Would in my home abide.
O Savior, stay this night with me;
Behold, ‘tis eventide.
Hierdie vers het my met soveel vrede gevul. Ek het toe geweet dat die Saligmaker nie net die nag by my kon bly nie, maar dat Hy ook presies geweet het hoe ek gevoel het. Ek weet dat die liefde wat ek deur die gesang gevoel het, my nie net deur die nag nie, maar ook deur baie ander beproewinge wat ek verduur het, gedra het.