“Joseph Smith en die Goue Plate,” Friend (Vriend), Januarie 2021, 42-44
Skriftuurstories
Joseph Smith en die Goue Plate
Joseph Smith was ʼn profeet. Hy het Jesus gehelp om sy Kerk na die wêreld terug te bring.
Beeld
Die Eerste Visioen
Joseph het gebid om uit te vind na watter kerk hy moes gaan. Jesus het gesê dat hy nie na enige van die kerke moes gaan nie. Nie een van hulle was sy Kerk nie.
Beeld
Joseph Smith kry die goue plate
Die engel Moroni het Joseph besoek. Moroni het hom vertel van ʼn spesiale boek wat op goue plate geskryf was. Dit was begrawe in ʼn heuwel daar naby.
Beeld
vertaling van die goue plate
Met Hemelse Vader se hulp het Joseph die skrif op die plate vertaal. Hierdie geskrifte het die Boek van Mormon geword!
Beeld
familie by die kerk
Nou kan ons die Boek van Mormon lees. En ons kan na Jesus Christus se Kerk gaan!